Haaie puik teen SWD

CRA­VEN­WEEK G­rie­kwas, Val­ke wys vaar­dig­he­de

Beeld - - Sport - Ge­or­ge Ger­mis­huys

Die Cra­ven­week­span van die Haaie was gis­ter in Jo­han­nes­burg net te groot, te swaar, te vin­nig en te vaar­dig vir hul e­we­knieë van die SWD.

Hul oor­heer­sing in al­le af­de­lings van die spel word weer­spie­ël in die eind­tel­ling van 65-26.

Die Haaie, wat met 10 spe­lers van kleur in die be­gin­span ook in­druk­wek­kend ge­trans­for­meer is, is ’n im­po­san­te fi­sie­ke ma­sjien.

Maar dié o.18-rug­by­span het meer om die lyf as groot stamp­kar­re. Die K­waZu­lu-Na­tal­lers val ruim­te met me­ning aan, speel slim en ver­sprei die bal uit­ste­kend in kon­tak.

Die veel klei­ner teen­stan­ders van die SWD is deu­ren­tyd by die los­skrums, vas­te skrums en die voor­deel­lyn ge­boe­lie.

Die Haaie het in die eer­ste helf­te reeds ses drieë in­ge­ryg en ge­sorg vir die so­veel­ste drie­ë­fees in van­jaar se toer­nooi.

Erns­ti­ge vrae moet eg­ter ook oor die ver­de­di­gings­vaar­dig­he­de van Suid-A­fri­ka se voor­ste sko­le­spe­lers ge­vra word.

Vir die Haaie was hul agt­ste­man en kap­tein, P­hen­du­la­ni But­he­le­zi, ou­der­ge­woon­te ’n reus met sy storm­lo­pies wat op twee drieë uit­ge­loop het. Die ska­kel­paar, Ja­den Hen­drik­se en Sa­ne­le No­ham­ba, het ook bal­jaar. Dan was die vleu­el N­ja­bu­lo M­ja­ra ook ’n do­ring in die A­ren­de se vlees.

Vroe­ër het die Lui­perds kloue ge­wys in hul se­ge van 57-30 oor Na­mi­bië. Han­ru van Rooy­en, die Lui­perds se uit­ste­ken­de los­ska­kel, was skit­te­rend in dié krag­me­ting. Hy het twee keer gaan druk en met se­we doel­skop­pe en ’n op­por­tu­nis­tie­se skep­doel ge­slaag. Van Rooy­en het 54 pun­te in twee wed­stry­de op­ge­sta­pel en is so­ver die voor­ste pun­te­ma­ker in van­jaar se toer­nooi.

Die Oos­te­li­ke Pro­vin­sie het sy ou­boet na­ge­doen en die Bul­le met 37-0 slae ge­gee. Die Sout­hern Kings het voor­ver­le­de week ook die sep­ter oor die span van P­re­to­ria ge­swaai in ’n Su­per­rug­by-stryd op Lof­tus.

Die grond­slag vir die OP se klin­ken­de se­ge, wat ses on­be­ant­woor­de drieë in­ge­sluit het, is on­ge­twy­feld by die af­breek­pun­te ge­lê.

Be­van Prins­loo, die OP se oop­kant­flank en kap­tein, het die los­skrums tot so ma­te oor­heers dat die Bul­le se los­voor­spe­lers niks meer as toe­skou­ers was nie. Hy het boon­op twee keer ag­ter die doel­lyn gaan kui­er.

Vir die Bul­le was daar nie veel hoog­te­pun­te nie en hul ge­brek­ki­ge vaar­dig­he­de het hul­le nooit toe­ge­laat om vas­trap­plek in dié wed­stryd te kry nie.

In ’n ho­ëok­taan-wed­stryd wat 17 drieë op­ge­le­wer het, het G­rie­kwas die Val­ke met 60-52 ge­klop.

Dié wed­stryd was tot dus­ver die een waar­in die bes­te vaar­dig­he­de uit­ge­stal is, en die voet-in-die-hoek­be­na­de­ring van al­bei pro­vin­sies se jon­ge­lin­ge sou baie aan­han­gers ge­wen het.

Soos dit ’n wed­stryd wat 112 pun­te op­ge­le­wer het be­taam, was daar tal­le uit­blin­kers ag­ter­langs, met selfs die ska­kel­paar van die ver­loor­span, Lesh­ley Oc­to­ber en Ru­ben Bey­tell, wat elk­een ’n drie­kuns be­haal het.

Dit was eg­ter die Noord-Ka­pe­naars se los­ska­kel, C­har­les Wil­li­ams, wat lof ver­dien vir die wy­se waar­op hy sy or­kes be­ge­lei het.

Fo­to: GALLO IMAGES

Dar­ryn For­tuin van die SWD­A­ren­de pro­beer ont­snap uit die reu­se­kloue van die Haaie se Ju­an van der Mes­cht in gis­ter se wed­stryd by die Cra­ven­week vir o.18s in Jo­han­nes­burg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.