Kan­kow­ski lei in sy de­buut vir Leeus

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner Leeus: Pu­mas:

Al maak hy Son­dag sy de­buut vir die Goue Leeus, is Ry­an Kan­kow­ski som­mer da­de­lik met die taak op­ge­saal om dié span aan te voer.

Kan­kow­ski, ’n voor­ma­li­ge S­pring­bok, B­lits­bok en Haai, is gis­ter op agt­ste­man in­ge­sluit vir Son­dag se Cur­rie­be­ker-rug­by­stryd teen die Pu­mas in M­bom­be­la (Nel­spruit).

“Ry­an is ’n baie er­va­re spe­ler wat sal weet hoe om lei­ding aan die jong spe­lers om hom te gee. Hy is ’n S­pring­bok en ie­mand wat ge­sag sal af­dwing. Ver­der is hy ook ’n baie aan­ge­na­me ou en ons het da­rem ook ’n En­gels­man in die span no­dig,” het S­wys de Bruin, wat van­jaar die hoof­af­rig­ter van die Cur­rie­be­ker­span is, tus­sen die erns deur ge­skerts.

Die 31-ja­ri­ge Kan­kow­ski het oor die ja­re heen ’n in­stel­ling in die Haai­e­trui ge­word en hy het dié span 104 keer in Su­per­rug­by ver­teen­woor­dig.

Hy het tus­sen 2007 en 2012 in 20 toet­se vir die S­pring­bok­ke ge­speel en het hom ook as B­lits­bok in se­wes­rug­by be­wys.

Ter­wyl De Bruin vir eers nog be­trok­ke is by die Su­per-span, sal die kom­bi­na­sie wat die lei­sels van die Goue Leeus vas­ge­hou het in die Su­perS­port­uit­daag­reeks, Ba­fa­na Nhle­ko, Her­kie Kru­ger en Wes­sel Roux, ook aan die s­tuur van die Cur­rie­be­ker­span staan.

Die er­va­re sen­ter S­tok­kies Ha­ne­kom is ook te­rug by die Leeus. Hy is vir die Su­per­reeks aan die Kings ge­leen, waar hy af en toe speel­kans ge­kry het, maar nie ’n ge­reel­de in­stel­ling was nie.

Nóg een van die Kings, die woe­li­ge jong ha­ker Mi­ke Wil­lem­se, is ook nou by die Leeus en is op die plaas­ver­van­gers­bank vir die be­soek aan die La­e­veld.

Met Kan­kow­ski wat as agt­ste­man be­gin, is die ge­reel­de nr. 8 in die Uit­daag­reeks, Ja­no Ven­ter, na flank ge­skuif, waar hy ’n kom­bi­na­sie vorm met sy van­ge­noot, James Ven­ter.

Die vas­kop­stut, Andrew Beer­win­kel, wat in die Uit­daag­reeks nog vir die Blou Bul­le ge­speel het, het die Juk­skei­ri­vier oor­ge­steek en be­vind hom in die be­gin­span.

R­hyno Herb­st, wat baie op­val­lend was vir Wits in die Var­si­ty­be­ker-reeks, maak sy Cur­rie­be­ker-de­buut as slot. Hy volg in die voet­spo­re van sy oor­le­de ou­pa, Sa­rel, wat ook vir Trans­vaal slot ge­speel het.

Pie­ter S­choltz, die vas­kop­stut wat nog vroe­ër van­jaar deel van die Leeus was, kom nou teen sy eer­tyd­se span­maats te staan. Die voor­ma­li­ge Haaie-skrum­ska­kel, S­te­fan Un­ge­rer, wat ook van­jaar vir die OP-Kings in die Uit­daag­reeks ge­speel het, be­vind hom ook nou in die La­e­veld.

■ Ashlon Da­vids, Ma­dosh Tamb­we, S­tok­kies Ha­ne­kom, Jar­ryd Sa­ge, Aphi­we Dy­an­tyi, S­haun Reynolds, Mar­co Jan­sen van Vu­ren, Ry­an Kan­kow­ski (k), Ja­no Ven­ter, James Ven­ter, R­hyno Herb­st, Mar­vin O­rie, Andrew Beer­win­kel, Pie­ter Jan­sen, Sti Sit­ho­le. PLAASVERVANGERS: Mi­ke Wil­lem­se, Ni­co du P­les­sis, Bob­by de Wee, Ha­cji­vah Dayi­ma­ni, Fa­bi­an Booy­sen, Brad­ley T­hain, Jan­Lou­is la Gran­ge.

Ger­rit S­mith, Je­ro­me P­re­to­ri­us, Hen­nie S­kor­bin­ski, Ry­an Nell, Jus­tin van S­ta­den, S­te­fan Un­ge­rer, Ca­rel G­reeff, Nar­dus van der Walt, Fran­cois K­lein­hans, Hugo Klop­pers, Je­re­my Jor­daan, Pie­ter S­choltz, Mark P­re­to­ri­us, Ke­vi­za Mo­na. PLAASVERVANGERS: Frank Her­ne, DJ Ter­blan­che, Mar­né Coet­zee, Jan­nie S­tan­der, Lam­bert Groe­ne­walt, Rey­nier van Rooy­en, Si­as E­ber­sohn.

R­hyno Herb­st

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.