S­koen dié keer aan an­der voet – en C­hee­tahs is ge­reed

Beeld - - Sport - O­wen Kock

Die Haaie het ver­le­de maand, met hul vo­ri­ge be­soek aan Bloem­fon­tein, met ’n span vol Su­per­rug­by-spe­lers vir hul Su­perS­port-wed­stryd teen die Vry­staat op­ge­daag.

Die s­koen is van­dag aan die an­der voet wan­neer van­jaar se Cur­rie­be­ker­reeks in die Ro­se­stad af­skop.

Die Vry­staat-C­hee­tahs is dié keer ge­laai met Su­per­rug­by-spe­lers om sa­ke reg te stel na­dat die Haaie-vyf­tien­tal op 23 Ju­nie met 52-10 teen die Vry­staat-vyf­tien­tal aan die wen­kant was.

Die Haaie is van­weë hul Su­per­rug­by-span se kwart­eind­stryd teen die Leeus die na­week kwaai uit­ge­dun vir die Cur­rie­be­ker-ver­plig­tin­ge. Hul­le moes ge­volg­lik ’n B-span kies vir die be­gin van hul Cur­rie­be­ker-veld­tog.

Die Vry­staat het se­dert ver­le­de sei­soen en­ke­le spe­lers ver­loor en ook ’n paar nu­wes by­ge­kry.

Een van daar­die spe­lers is die B­lits­bok Ro­sko S­pe­cman, wat op reg­ter­vleu­el teen die Haaie in­ge­span word.

Die Haaie het drie spe­lers wat ver­le­de week nog vir die Sout­hern Kings Su­per­rug­by ge­speel het, in hul ge­le­de­re.

Hul­le is die stut­te Ross Gel­den­huys en M­za­mo Ma­jo­la en Ty­ler Paul, wat flank en slot kan speel.

Fran­cois Ven­ter, kap­tein van die Vry­staat, sê hul­le steur hul­le nie daar­aan dat die Haaie nie met ’n vol­sterk­te span na Bloem­fon­tein kom nie. Hul­le ver­wag steeds ’n taai stryd.

“Dit is nou wel nie ’n Su­per­rug­by­span nie, maar hul­le het ta­lent­vol­le spe­lers. Die Haaie is ook ’n baie goed af­ge­rig­te span en ons gaan hul­le nie on­der­skat nie. Dit is ’n an­der kom­pe­ti­sie en el­ke span gaan sy eie uit­da­gings bied,” sê Ven­ter.

Hy is vol ver­troue dat die Vry­staat oor die reg­te spe­lers be­skik om die Cur­rie­be­ker suk­ses­vol te ver­de­dig.

Die Haaie-span is da­rem nie heel­te­mal len­de­lam nie. Die er­va­re flank Kee­gan Da­niel voer die span aan. An­der spe­lers met Su­per­rug­by-er­va­ring sluit die vleu­el Od­wa N­dun­ga­ne en die sen­ter S’bu­ra Si-tho­le in.

Ro­sko S­pe­cman

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.