Mit­chell: Dís Bul­le se doel­wit­te vir Cur­rie­be­ker­reeks

Beeld - - Sport - Co­bus Claas­sen

Dit is goed om vir meer as net ver­lo­re eer te speel soos wat die laas­te paar we­ke die ge­val was (in Su­per­rug­by), sê Nol­lis Ma­rais, die Blou Bul­le se hoof­af­rig­ter.

Die ver­wag­ting sal ou­der­ge­woon­te hoog wees wan­neer die Bul­le mô­re­aand in Kim­ber­ley hul Cur­rie­be­ker­aan­slag teen G­rie­kwas be­gin.

Des te meer met John Mit­chell wat die af­ge­lo­pe week aan die be­plan is in die Bul-kraal.

Ma­rais het ’n span ge­kies wat ’n goeie meng­sel het van spe­lers wat van­jaar Su­per­rug­by ge­speel het en vyf Cur­rie­be­ker-de­bu­tan­te. Die oud-Vry­sta­ter Boom Prins­loo sal die span aan­voer in Ru­an S­teen­kamp (dy­spier­be­se­ring) se af­we­sig­heid.

Daar is se­we Bul­le in die op­draf­span wat Sa­ter­dag op Lof­tus Vers­feld teen die S­tor­mers ge­speel het. Dit sluit die ag­ter­ste drie – War­rick Ge­lant, Tra­vis Is­mai­el en Dun­can Mat­thews – in.

Mat­thews, Fran­co Nau­dé, To­ny Jan­tjies, A­bon­gi­le Non­k­ont­wa­na en Ru­ben van Heer­den is die vyf­tal wat hul bui­ging op Cur­rie­be­ker-vlak maak.

Mit­chell, die Bul­le se nu­we rug­by­hoof wat as ’n hulp­af­rig­ter die span se aan­val­len­de spel be­har­tig, sê die groot pri­o­ri­teit is om die span met self­ver­troue te laat speel. “Op kort ter­myn wil ons goeie en wen­rug­by speel, en op lang ter­myn wil ons ons spe­lers en ons diep­te ont­wik­kel.”

Die Blou Bul­le Maat­skap­py (BBM) het Ma­rais se af­rig­ting­span vir die Cur­rie­be­ker-kom­pe­ti­sie be­kend ge­maak. Ma­rais is die hoof­af­rig­ter en sal ook die voor­spe­lers on­der han­de neem. Hoe­wel Mit­chell die aan­valsaf­rig­ter is, is Da­vid Ma­nu­el as ag­ter­lyn­af­rig­ter be­hou. Pi­ne Pie­naar is steeds die ver­de­di­gings­brei­er en Ga­ry Bo­tha die skru­m­af­rig­ter.

■ Blou Bul­le: War­rick Ge­lant, Tra­vis Is­mai­el, Fran­co Nau­dé, Bur­ger O­den­daal, Dun­can Mat­thews, To­ny Jan­tjies, Piet van Zyl, Nic de Ja­ger, Jan­nes Kir­sten, Boom Prins­loo (k), A­bon­gi­le Non­k­ont­wa­na, Ru­ben van Heer­den, Con­raad van Vuur­en, Ja­co Vi­sa­gie, Pier­re S­choe­man. PLAASVERVANGERS: Jan­Hen­ning Campher, John­Roy Jen­kin­son, F­red­dy N­go­za, S­haun A­den­dorff, An­dré War­ner, Ti­nus de Beer, JT Jack­son.

Ru­ben van Heer­den

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.