Els se set­stok weer vuur­warm

B­RIT­SE OPE Yanks neem voor­tou

Beeld - - Sport - S­port­re­dak­sie

’n A­me­ri­kaan­se in­val en Er­nie Els wat die hor­lo­sie te­rug­ge­draai het met sy set­stok, was gis­ter van die hoof­ken­mer­ke in die eer­ste ron­de van die B­rit­se Ope op die Roy­al Birk­da­le­gholf­baan in Sout­hport, En­ge­land.

Drie Yanks – Jor­dan S­pieth, Brooks Koep­ka en Matt Ku­char – het hul­le bo­aan die voor­lo­per­stel­bord ge­ves­tig met voor­tref­li­ke ron­des van 65 – vyf houe be­ter as die baan­sy­fer.

Ver­al Ku­char het laat­mid­dag voor­deel ge­trek uit die guns­ti­ge weers­toe­stan­de. Hy het met vyf vo­ël­tjies op die voor­ste ne­ge los­ge­trek en was die be­sten­dig­heid van­self na­dat hy ge­draai het.

S­pieth het self nie ’n voet ver­keerd ge­sit nie, ter­wyl Koep­ka hom met ’n a­rend op die sy­fer vyf 17de put­jie in die eer­ste plek laat in­skuif het.

C­harl S­chwart­zel het die Suid-A­fri­kaan­se vlag hoog laat wap­per met ’n puik ron­de van 66 – een hou ag­ter die A­me­ri­kaan­se trio.

S­chwart­zel se ron­de het drie vo­ël­tjies oor die laas­te ne­ge put­jies in­ge­sluit. Paul Ca­sey van En­ge­land is saam met S­chwart­zel in die t­wee­de plek.

Ra­fa­el Ca­bre­ra-Bel­lo van S­pan­je was teen druk­tyd (op die 17de) saam met S­chwart­zel­hul­le ge­sa­ment­lik vier­de.

Die En­gels­man Ian Poul­ter was een van die spe­lers wat in die og­gend in gu­re weer moes af­slaan, maar hy het nie toe­ge­laat dat dit hom van stryk bring nie en het die o­pe­nings­ron­de ook in 67 houe – drie be­ter as baan­sy­fer – vol­tooi.

Poul­ter is saam met on­der meer die A­me­ri­ka­ners Jus­tin T­ho­mas en C­har­ley Hoff­man saam in die se­wen­de plek.

Die Suid-A­fri­ka­ner Er­nie Els, die Ope-kam­pi­oen in 2002 en 2012, was een van die groot be­spre­kings­pun­te.

Hy het sy set­houe met tye soos in die glo­rie­ja­re in­ge­rol.

Els was die laas­te paar jaar toe­ne­mend die kluts kwyt op die set­per­ke, maar hy het te­kens ge­wys van die Big Ea­sy van ouds.

Hy het sy ron­de be­gin met twee vo­ël­tjies oor die eer­ste vyf put­jies en kon hom by Poul­ter en kie aan­ge­sluit het, was dit nie vir ’n brou­hou op die 18de nie. Hy het 68 aan­ge­te­ken.

Hen­rik S­tenson, die ver­de­di­gen­de kam­pi­oen, het sy aan­slag met ’n be­sten­di­ge po­ging van 69 houe (–1) be­gin.

On­der die an­der Suid-A­fri­ka­ners het Bran­den Gra­ce, wat ook vroeg die on­ple­sie­ri­ge toe­stan­de moes trot­seer, meer as skaf­lik ge­vaar deur ’n 70 – ge­lyk aan baan­sy­fer – op sy tel­kaart in te vul.

Die P­re­to­ri­a­ner Dar­ren Fi­chardt het sy aan­slag met brou­houe op die 2de en 3de put­jies be­gin, maar het daar­voor ver­goed met vo­ël­tjies op die laas­te twee put­jies vir ’n tel­ling van 71 (+1).

Die nood­lot het Lou­is Oost­hui­zen op die sy­fer vyf 15de ge­tref toe hy ’n lie­der­li­ke agt aan­ge­te­ken het.

Oost­hui­zen het met ’n 78 af­ge­sluit, agt houe meer as die baan­sy­fer, en die 2010-kam­pi­oen is nou on­der groot druk om van­dag die af­sny­punt te oor­leef. Hy is ’n ys­li­ke 13 houe ag­ter die voor­lo­pers.

Fo­to: GETTY IMAGES

C­harl S­chwart­zel het Suid­A­fri­ka se aan­slag in die eer­ste ron­de van die 146ste B­rit­se Ope op Roy­al Birk­da­le met ’n ron­de van 66 houe – vier be­ter as baan­sy­fer – ge­lei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.