Bolt, Way­de kan spie­re bult in Mo­na­co

Beeld - - Sport - 20:03: 21:35: 20:25: 20:35:

Die groot­ste naam in at­le­tiek, U­sain Bolt, en die at­leet wat hy reeds ge­salf het om dié man­tel by hom oor te neem, Suid-A­fri­ka se Way­de van Nie­kerk, is van­aand al­bei by die Di­a­mant­li­ga-by­een­koms in Mo­na­co in ak­sie.

Bolt sal sy slag in die 100 m wys, ter­wyl Van Nie­kerk in die 400, die i­tem waar­in hy die wê­reld­re­kord hou, gaan hard­loop. Waar Van Nie­kerk van­jaar die baan aan die brand hard­loop en on­langs die wê­reld­re­kord in die 300 ver­plet­ter het, is daar heel­wat vrae oor Bolt se peil voor vol­gen­de maand se Wê­reld­by­een­koms in Lon­den.

Dié Ja­mai­kaan spog maar met ’n be­skeie vin­nig­ste tyd van 10.03 sek. in die 100 van­jaar en het ver­le­de maand ook nie juis be­ïn­druk met die 10.06 sek. wat hy on­der­weg na ’n se­ge in Ostra­va in T­sjeg­gië aan­ge­te­ken het nie. Dié wê­reld­re­kord­hou­er en O­lim­pie­se le­gen­de het eg­ter van­dees­week op ’n nuus­kon­fe­ren­sie in Mo­na­co ge­sê hy’s weer op sy stuk­ke ná ’n paar te­rug­slae.

Vol­gens hom moes hy die laas­te paar maan­de die dood van ’n goeie vriend, Ger­mai­ne Ma­son, ver­werk wat in ’n mo­tor­fiets­on­ge­luk oor­le­de is. Boon­op het hy las ge­had van ’n seer rug wat be­te­ken hy was nie heel­te­mal op koers met sy oe­fen­pro­gram nie.

“Ek voel nou weer baie be­ter. Ek was vir ’n paar dae vir be­han­de­ling in Duits­land en het ’n paar goeie oe­fen­ses­sies ag­ter die blad. As die weer saam­speel, hoop ek om ’n goeie ver­to­ning (in Mo­na­co) te le­wer,” sê Bolt.

Dié 30-ja­ri­ge blits sê hy sal met e­ni­ge tyd vin­ni­ger as tien se­kon­des te­vre­de wees.

Toe Bolt oor Van Nie­kerk en sy pres­ta­sies op die baan uit­ge­vra is, het hy ge­sê een van die din­ge waar­oor hy die spyt­ste is, is dat hy nie veel kans gaan kry om met dié op­ko­men­de su­per­ster mee te ding nie.

“Hy’s tans een van die bes­te at­le­te ter wê­reld. On­ge­luk­kig is ek eg­ter nou aan die ein­de van my loop­baan en sal ons nooit weet hoe ons teen me­kaar sou ge­vaar het nie,” sê Bolt.

Bolt sal in Mo­na­co wel teen ’n an­der Suid-A­fri­ka­ner, A­ka­ni Sim­bi­ne, te staan kom.

Die A­me­ri­kaan­se blit­se I­si­ah Young en Chris­to­pher Bel­cher sal ook in die 100 in ak­sie wees. Van Nie­kerk kan op sy beurt straw­we me­de­din­ging van I­saac Makwa­la van Botswa­na ver­wag. Makwa­la se vin­nig­ste tyd van­jaar is 43.92 sek.

■ Die Suid­A­fri­ka­ners in ak­sie in Mo­na­co is:

400­hek­kies (Wen­da Nel);

400 (Way­de van Nie­kerk); 800 (Cas­ ter Se­me­nya); 100 (A­ka­ni Sim­bi­ne). – S­port­re­dak­sie en Reu­ters

Fo­to: REU­TERS

U­sain Bolt vroe­ër van­dees­week op ’n nuus­kon­fe­ren­sie in Mo­na­co.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.