Drie Pro­tea­net­bal­spe­lers kry trek­pas

Beeld - - Sport - Ann­chen Nel Suid­A­fri­ka: Nie­rei­sen­de re­ser­we:

Drie Pro­te­as wat Suid-A­fri­ka vroe­ër van­jaar op die net­bal­baan ver­teen­woor­dig het, is gis­ter weg­ge­laat toe ’n nu­we span ge­kies is.

Ren­ske S­toltz, Lin­die Lom­bard en Ju­li­ne Ros­souw kon nie van­dees­week ’n reg­mer­kie kry by Nor­ma Plum­mer, die Suid-A­fri­kaan­se af­rig­ter, nie.

I­zet­te G­rie­sel was nie be­skik­baar nie en ’n vyf­de Pro­tea, Va­nes-Ma­ri du Toit, is nie na die oe­fen­kamp ge­nooi nie.

Die voor­ma­li­ge Suid-A­fri­kaan­se kap­tein, Ma­ry­ka Holtz­hau­sen, is te­rug in die span. Dié hulp­doel het ná ’n erns­ti­ge knie­be­se­ring vroe­ër van­jaar haar te­rug­keer vir die Vry­staat­se C­ri­nums ge­maak.

Be­ne­wens Holtz­hau­sen is nóg twee doe­le – Da­nel­le Lo­ch­ner van die Sout­hern S­tings en Ine-Marí Ven­ter van die Noor­dGau­teng­se Ja­guars – bo S­toltz en Lom­bard in­ge­sluit ná ’n week lan­ge oe­fen­kamp in P­re­to­ria.

Lo­ch­ner en Ven­ter is nu­we­lin­ge.

Na­dia Uys Pie­naar van die Fi­re­balls be­vind haar vir die eer­ste keer se­dert 2012 in die uit­soek-twaalf­tal.

Ro­chel­le Loub­ser keer te­rug ná ’n be­se­ring ten kos­te van Ros­souw.

Lo­ch­ner was ver­le­de week in ak­sie vir die SA o.21-span, wat ses­de ge­ëin­dig het in die Wê­reld­jeug­toer­nooi.

Mi­mi Mt­hethwa-Zu­lu, pre­si­dent van Net­bal Suid-A­fri­ka (NSA), sê gis­ter die groep van 12 is ge­kies vir die vier­hoe­ki­ge reeks in Au­gus­tus in Aus­tra­lië en Nieu-See­land, en ’n reeks van twee toet­se in Fidji.

Sy sê die vier­hoe­ki­ge reeks, wat vroeg vol­gen­de jaar in Suid-A­fri­ka en En­ge­land voort­ge­sit word, is deel van die Pro­te­as se op­bou na die S­ta­te­bond­spe­le op die Goud­kus.

Plum­mer sê Lo­ch­ner het by­na haar­self ge­kies. “Da­nel­le is fi­siek sterk en is baie vol­was­se vir ’n 20-ja­ri­ge.

“Dit is al­tyd goed om ’n spe­ler van daar­die ka­li­ber op ’n jong ou­der­dom te kry,” sê Plum­mer.

Die sen­ter­baan­spe­ler Bon­gi M­so­mi be­hou die kap­tein­skap. Kar­la Mos­tert (ver­de­di­ger) is die on­der­kap­tein.

M­so­mi het vroe­ër van­jaar vir die Was­ps in die En­gel­se Su­per­liga ge­speel. Dié span is as die kam­pi­oen ge­kroon.

Mos­tert en E­rin Bur­ger het in die Aus­tra­lie­se Su­per­liga ge­speel en Le­ni­ze Pot­gie­ter in Nieu-See­land.

Plum­mer sê die er­va­ring wat dié se­ni­or spe­lers oor­see op­ge­doen het, sal ’n plus­punt wees vir die Pro­te­as.

’n Na­si­o­na­le af­rig­ter wat saam met Plum­mer sal werk, sal eers­daags be­kend ge­maak word.

■ Bon­gi­we M­so­mi (k), Kar­la Mos­tert, E­rin Bur­ger, Ma­ry­ka Holtz­hau­sen, Da­nel­le Lo­ch­ner, Ro­chel­le Loub­ser, P­hum­za Ma­we­ni, P­re­ci­ous Mt­hem­bu, Na­dia Uys Pie­naar, Le­ni­ze Pot­gie­ter, Ine­Marí Ven­ter en Za­ne­le Vim­be­la. Lin­die Lom­bard.

Fo­to: GALLO IMAGES

Kar­la Mos­tert en Bon­gi M­so­mi is on­der­skei­de­lik die on­der­kap­tein en kap­tein van die na­si­o­na­le net­bal­span.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.