Froome ál na­der aan kroon

Beeld - - Sport - Dak­sie – Reu­ters, S­por­t­re­

Die B­rit Chris Froome (Te­am Sky) is feit­lik daar­van ver­se­ker om van­jaar sy vier­de Tour de France-ti­tel te wen na­dat hy sy laas­te po­ten­si­ë­le strui­kel­blok van van­jaar se Tour oor­kom het.

Froome het in gis­ter se 18de skof oor 179,5 km vier­de oor die wen­streep ge­ry en so­doen­de ’n groot tree ge­gee om Son­dag weer op die boon­ste trap­pie van die po­di­um te staan.

Hy het sy groot­ste me­de­din­gers, Ro­main Bar­det en Ri­go­ber­to Uran, ge­neu­tra­li­seer deur nie toe te laat dat dié duo ver voor hom in dié skof kon klaar­maak nie.

Dit was die laas­te berg­skof van die Tour en het teen die Col de Vars op ’n berg­spits ge­ëin­dig.

Bar­det, wat ver­le­de jaar die naas­wen­ner was, het der­de oor die wen­streep ge­ry. Hy hoop om die eer­ste Frans­man se­dert Ber­nard Hi­nault in 1985 te word om die Tour te wen.

Nog ’n Frans­man, War­ren Bar­guil (Sun­web), het gis­ter sy t­wee­de skof­se­ge van van­jaar se Tour be­haal, toe hy in 5 uur 40 mi­nu­te en 33 se­kon­des oor die wen­streep ge­ry het.

Daar­mee het hy ook ver­se­ker dat hy die wen­ner van die Ko­ning van die Ber­ge-trui is.

Bar­guil het ook die 12de skof ge­wen.

Uran (Cann­on­da­le) van Co­lom­bia, wat ook ’n aan­spraak­ma­ker op die ti­tel is, was voor die 18de skof 27 se­kon­des ag­ter Froome. Sy ag­ter­stand het nou tot 29 se­kon­des ge­rek.

Van­dag se 19de skof oor 222,5 km tus­sen Em­brun en Sa­lon-de-Pro­ven­ce is die lang­ste van die Tour.

Dié skof is son­der e­ni­ge klim­me en te­sa­me met mô­re se tyd­toets sal dit be­slis ’n goeie na­el­ry­er soos Uran be­voor­deel.

Froome is steeds ’n veel be­ter tyd­toets­ry­er as Uran.

Lou­is Mein­tjes (UAE Te­am E­mi­ra­tes) van SuidA­fri­ka het gis­ter se skof in die se­wen­de plek vol­tooi. Hy is steeds in die al­ge­he­le agt­ste plek en het die dag ook as die voor­ste jeug­ry­er af­ge­sluit.

Fo­to: GETTY IMAGES

War­ren Bar­guil vier gis­ter sy se­ge.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.