Oud­Bois­haai­er Ma­lan in En­ge­land se groep vir toets op die O­val

Beeld - - Sport - Jo­hann de Ja­ger En­ge­land:

Die oud-Bois­haai­er Da­wid Ma­lan is een van twee nu­we kol­wers wat tot En­ge­land se groep vir die der­de krie­ket­toets teen Suid-A­fri­ka ge­voeg is.

Tom We­st­ley is die an­der nu­we­ling in die groep van 13 spe­lers vir die der­de krag­me­ting met die Pro­te­as, wat ook die 100ste toets op die O­val in Lon­den sal wees. Dié krag­me­ting be­gin Don­der­dag.

We­st­ley gaan sy toets­bui­ging op nom­mer drie in die plek van die be­seer­de Ga­ry Bal­lan­ce maak. Bal­lan­ce se lin­ker­wys­vin­ger is ge­kraak deur ’n af­le­we­ring van Mor­né Mor­kel in En­ge­land se t­wee­de beurt in die t­wee­de toets op T­rent B­rid­ge.

Sur­rey se Mark S­to­ne­man was die guns­te­ling om in sy plek ge­kies te word, maar hy is gis­ter weg­ge­laat.

Ma­lan (29) kan sy bui­ging maak as En­ge­land op ’n by­ko­men­de kol­wer in die plek van die draai­er Li­am Daw­son be- sluit. Hy kan dalk ook in die plek van die aan­vangs­kol­wer Ke­a­ton Jen­nings oor­weeg word. Jen­nings se kop word on­der meer deur Ke­vin Pie­ter­sen ge­ëis ná sy suk­kel­ver­to­nings tot dus­ver in die reeks. Jen­nings het sy 8 en 33 op Lord’s met ’n nul­le­tjie en 3 op T­rent B­rid­ge op­ge­volg.

Ma­lan, wat in En­ge­land ge­bo­re is, maar op die Ho­ër Jon­gen­skool Paarl op skool was, het vroe­ër die so­mer 125* en 84 vir die En­gel­se Li­ons in die twee vol­tooi­de een­dag­wed­stry­de teen Suid-A­fri­ka A ge­mo­ker. Hy was nie in die vier­dag­toets teen SA A in ak­sie nie.

Ma­lan was die Spe­ler van die Wed­stryd in sy in­ter­na­si­o­na­le T20-bui­ging met 78 lo­pies van 44 bal­le teen die Pro­te­as in Car­diff. Dit was die hoog­ste tel­ling deur ’n En­gels­man in sy eer­ste T20­wed­stryd.

Vol­gens es­p­n­cri­cin­fo.com kan En­ge­land tot drie nu­we­lin­ge op die O­val in­span as Midd­le­sex se naat­bou­ler To­by Ro­land-Jo­nes ook speel­kans kry. Hy is in die groep be­hou en kan oor­weeg word in die plek van Mark Wood, wat sy hak in die t­wee­de toets be­seer het.

Die Pro­tea-af­rig­ter, Rus­sell Do­min­go, sal hom die na­week weer by die toer­groep aan­sluit.

Do­min­go moes twee keer ty­dens die En­gel­se toer na SuidA­fri­ka te­rug­keer na­dat sy ma, San­dra, in ’n mo­tor­on­ge­luk was en kort na­dat sy uit die hos­pi­taal ont­slaan is, oor­le­de is.

■ Joe Root (k), Moeen Ali, James An­der­son, Jo­na­than Bair­stow, S­tu­art Bro­ad, Alas­tair Cook, Li­am Daw­son, Ke­a­ton Jen­nings, Da­wid Ma­lan, To­by Ro­land­Jo­nes, Ben S­to­kes, Tom We­st­ley, Mark Wood.

Da­wid Ma­lan

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.