Ja­co Pey­per ‘weet wat om te doen’

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell S­tor­mers:

Ja­co Pey­per ken die C­hiefs goed ge­noeg en sy aan­dag hoef nie op hul tak­tiek in en om die los­skrums ge­ves­tig te word nie.

Dít, in ’n neu­te­dop, was die re­ak­sie van die S­tor­mers se af­rig­ter, Rob­bie F­leck, toe hy gis­ter ge­pols is of hy ’n ver­ga­de­ring met die skeids­reg­ter gaan aan­vra om die C­hiefs se be­weer­de skelmstreke by die af­breek­pun­te en ob­struk­sie langs die los­skrums te be­spreek.

“Dis be­slis ’n uit­da­ging teen die C­hiefs, maar ek hoef nie vir Ja­co te sê wat om te doen nie. Hy is ’n er­va­re skeids­reg­ter en weet hoe om die si­tu­a­sie te han­teer. Ja­co het dit van meet af goed han­teer in ons li­ga­wed­stryd teen die C­hiefs vroe­ër van­jaar en al­bei span­ne kon toe goeie rug­by speel,” sê F­leck.

Die span­ne pak me­kaar weer mô­re op Nu­we­land.

Vol­gens F­leck sal die stryd by die af­breek­pun­te deur­slag­ge­wend wees. Hoe­wel hy dit nie reg­uit ge­sê het nie, het hy moont­lik daar­op ge­sin­speel dat die wy­se waar­op die C­hiefs die los­skrums skoon­maak nie al­tyd wet­tig is nie en selfs as ge­niep­sig be­skryf kan word.

“Ons wil nie hê die af­breek­pun­te moet in cha­os ont­aard nie, want dan gaan dit ’n on­aan­trek­li­ke wed­stryd wees wat in ruk­ke en sto­te ge­speel word.

“Ons soek skoon, ef­fek­tie­we los­skrums en ek is se­ker die C­hiefs streef die­self­de na. So­lank as wat als bin­ne die re­ëls van die spel ge­skied, en daar nie ob­struk­sie is nie, glo ek ons sal ’n goeie wed­stryd sien.”

Pey­per was ook in ver­le­de jaar se kwart­eind­stryd op Nu­we­land, toe die C­hiefs met 60-21 ge­wen het, die skeids­reg­ter. “Ek is bly hy’s be­trok­ke. Hy het al baie van hul wed­stry­de be­har­tig en het ’n hel­der be­grip van hoe hul­le by die af­breek­pun­te speel,” sê F­leck.

Siya Ko­li­si, die S­tor­mers se kap­tein, meen die af­breek­pun­te sal die “be­lang­rik­ste” as­pek wees wat die gang van die wed­stryd be­paal.

“Ons weet goed wat die C­hiefs met daar­die vaar­di­ge spe­lers kan doen wan­neer hul­le vin­ni­ge bal­be­sit kry. Hul­le ryg die drieë in en be­heer die tem­po van die spel, so ek dink die af­breek­pun­te gaan be­lang­rik wees,” sê Ko­li­si.

F­leck se kaar­te is ef­fens deur­me­kaar ge­krap met die er­va­re skrum­ska­kel Ja­no Ver­maak wat griep het. Die S­tor­mers sal na­der aan die wed­stryd eers weet of hul S­pring-bok­skrum­ska­kel sal kan speel.

“Ge­luk­kig het De­waldt Du­ve­na­ge van sy be­se­ring her­stel en is hy be­skik­baar,” sê F­leck.

■ SP Ma­rais, C­heslin Kol­be, EW Vil­joen, Da­mi­an de Al­len­de, Dil­lyn Leyds, Da­mi­an Wil­lem­se, Ja­no Ver­maak, Ni­zaam Carr, Ryn­hardt El­stadt, Siya Ko­li­si (k), Pie­ter­S­te­ph du Toit, E­ben Et­ze­beth, Frans Mal­her­be, Bon­gi M­bo­nam­bi, JC Jan­se van Rens­burg. PLAASVERVANGERS: Ra­mo­ne Sa­mu­els, Oli Keb­ble, Wil­co Louw, Chris van Zyl, Sik­hum­bu­zo Nots­he, Jus­tin P­hil­lips, Se­a­be­lo Se­nat­la, Ju­an de Jongh.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.