Haaie nie ge­pla om bui­te­perd te wees

Beeld - - Sport - Ti­nus van S­ta­den Haaie:

Die Leeus is be­slis die guns­te­ling om die Haaie mô­re op El­lis­park te klop en daar­om is daar ab­so­luut geen druk op die span van Durban nie.

Die Haaie se brei­er en kap­tein, Ro­bert du P­reez en P­hi­lip van der Walt, het gis­ter op die Haaie se span­aan­kon­di­ging ’n dui­de­li­ke po­ging aan­ge­wend om die druk van die kwart­eind­stryd in Jo­han­nes­burg vier­kant op die Leeus te plaas.

“Die Leeus is ’n ge­vaar­li­ke span op El­lis­park. Daar is geen t­wee­de kan­se in ’n uit­speel­wed­stryd nie. Ons is be­slis die bui­te­perd en ons het dus niks om te ver­loor nie. Ons wil se­ker maak die Leeus voel daar­die druk,” sê Van der Walt.

Du P­reez is dit met sy kap­tein eens.

“Die druk is op hul­le. Al­mal in Suid-A­fri­ka ver­wag hul­le gaan wen, so ons het niks om te ver­loor nie. En dit is die men­ta­li­teit waar­mee ons die wed­stryd be­na­der,” sê Du P­reez.

Hy het slegs een ver­an­de­ring aan sy be­gin­span ge­maak wat ver­le­de week met 10-27 teen die Leeus in Durban ver­loor het.

Die spel­skep­per Cur­win Bosch ver­vang vir Garth A­pril op los­ska­kel.

“Die vo­ri­ge keer wat ons teen die Leeus op El­lis­park ge­speel het, het Cur­win baie goed ge­speel. Ons hoop hy kan Sa­ter­dag daar­die ver­to­ning her­haal.

“Garth is ’n baie be­lang­ri­ke spe­ler in ons groep en ons hoop hy kan waar­de van­af die plaas­ver­van­gers­bank toe­voeg,” sê hy.

Vol­gens die brei­er be­skik Bosch oor ’n be­ter skop­skoen as A­pril en dit kan ’n groot ver­skil in ’n uit­speel­stryd maak.

“As ons speel soos ons kan, glo ek ons kan die Leeus klop.”

L­wa­zi M­vo­vo, Ko­bus van Wyk, Luk­ha­nyo Am, An­dré Ester­hui­zen, Sbu N­ko­si, Cur­win Bosch, Co­bus Rei­nach, Dan du P­reez, Je­an­Luc du P­reez, P­hi­lip van der Walt (k), S­te­phan Le­wies, E­tien­ne Oost­hui­zen, Coe­nie Oost­hui­zen, C­hi­li­boy Ra­le­pel­le, T­ho­mas du Toit. PLAASVERVANGERS: Fran­co Ma­rais/S­te­phan Coet­zee, Ju­an S­choe­man, Lou­rens A­dri­aan­se, Je­an Dros­te, Te­ra M­tem­bu, Mi­cha­el Claas­sens, Garth A­pril, Je­re­my Ward.

Cur­win Bosch

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.