B­lit­si­ge ka­ping by vul­sta­sie af­ge­neem

Beeld - - Nuus - Ü­gen Vos

’n Wit Mer­ce­des-Benz wat in min­der as ’n mi­nuut by ’n vul­sta­sie in Ho­ney­dew, Roo­de­poort, ge­kaap is, is deur die po­li­sie en ’n pri­va­te op­spo­rings­maat­skap­py op­ge­spoor.

Kapt. Ba­lan Mut­han, po­li­sie­woord­voer­der, sê die mo­tor is “ef­fens ver­niel” in Ka­gi­so ge­vind.

Die ka­ping het ’n sen­sa­sie in so­si­a­le me­dia ver­oor­saak na­dat die ak­ti­vis Yu­suf A­bram­jee kring­te­le­vi­sie­ma­te­ri­aal van die voor­val op sy Fa­ce­book-blad ge­plaas het.

In die vi­deo kan ge­sien word hoe ’n pe­trol­jog­gie om 20:01:18 van die mo­tor weg­stap na­dat hy brand­stof in­ge­tap het.

Vyf se­kon­des la­ter ry ’n don­ker mo­tor ag­ter die Mer­ce­desBenz by die vul­sta­sie ver­by.

So­wat 12 se­kon­des la­ter hard­loop twee ge­mas­ker­de mans – een met ’n vuur­wa­pen in die hand – ag­ter­om die mo­tor. Die ka­per druk daar­na ’n pis­tool by die be­stuur­der se ven­ster in.

Die ka­pers pluk die be­stuur­der se deur om 20:01:48 oop en die man klim uit die mo­tor.

Vier se­kon­des la­ter kan ge­sien word hoe die ei­e­naar van die mo­tor met sy han­de in die lug staan ter­wyl die ka­pers in die mo­tor s­pring. Die ka­pers was teen 20:02:01 vort.

Die be­stuur­der van die mo­tor is on­ge­deerd. Die ka­ping het by ’n vul­sta­sie ag­ter die C­le­ar­wa­ter-win­kel­sen­trum in Roo­de­poort ge­beur.

Vol­gens Mut­han het die be­stuur­der on­mid­del­lik ná die ka­ping sy op­spo­rings­maat­skap­py ge­bel wat die po­li­sie ge­help het om die voer­tuig op te spoor.

Fo­to: SKERMGREEP

’n Mer­ce­des­Benz word bin­ne se­kon­des by ’n vul­sta­sie in Ho­ney­dew, Roo­de­poort, ge­kaap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.