M­cCain het ag­gres­sie­we brein­kan­ker

Beeld - - Nuus - – Reu­ters

John M­cCain, die A­me­ri­kaan­se se­na­tor wat be­kend is om sy po­li­tie­ke on­af­hank­lik­heid in sy 30 jaar lan­ge loop­baan in die se­naat, het ’n ag­gres­sie­we vorm van brein­kan­ker.

Die 80-ja­ri­ge se­na­tor en voor­ma­li­ge vloot­vlie­ë­nier wat in No­vem­ber vir ’n ses­de ter­myn tot die se­naat ver­kies is, het ver­le­de Vry­dag ’n o­pe­ra­sie in die Ma­yo-kli­niek in P­hoe­nix, A­ri­zo­na, on­der­gaan om ’n bloed­klont ag­ter die oog te ver­wy­der.

’n Weef­sel­ont­le­ding ná die o­pe­ra­sie het ge­toon hy het ’n gli­o­blas­toom, wat baie ag­gres­sief na an­der de­le van die brein ver­sprei.

Vol­gens die A­me­ri­kaan­se brein­tum­or­ver­e­ni­ging oor­leef men­se met gli­o­blas­toom ge­mid­deld 14,6 maan­de, het USA To­day gis­ter be­rig.

Vol­gens die koe­rant oor­weeg die M­cCain-fa­mi­lie nog wat­ter soort be­han­de­ling hy moet kry. Een van die moont­lik­he­de is ’n kom­bi­na­sie van che­mo­te­ra­pie en be­stra­ling.

“Die nuus van my pa se siek­te het elk­een in die M­cCain-fa­mi­lie ge­raak,” sê M­cCain se dog­ter, Meg­han, in ’n ver­kla­ring op Twitter.

“Ek, my ou­ma, ma, broers en sus­ter is al­mal ge­skok en is angs­tig oor wat vol­gen­de gaan ge­beur.”

Sy sê die fa­mi­lie weet hoe die stryd teen kan­ker werk om­dat haar pa voor­heen ook kan­ker ge­had het.

“Hy het die groot­ste ver­troue en kalm­te van al­mal ge­wys,” sê sy.

M­cCain het al drie keer me­la­no­me laat ver­wy­der.

Hy is be­kend om sy on­af­hank­li­ke po­li­tie­ke ge­aard­heid, pit­tig­heid en sterk me­nings en is een van die be­kend­ste en ge­wild­ste A­me­ri­kaan­se wet­ge­wers in die me­dia.

Ba­rack O­ba­ma, wat M­cCain in 2008 in die pre­si­dents­ver­kie­sing ver­slaan het, het M­cCain ’n A­me­ri­kaan­se held ge­noem “en een van die dap­per­ste veg­ters wat ek ooit ge­ken het”.

“Kan­ker weet nie waar­teen hy te staan kom nie. Gee dit hel, John.”

P­res. Do­nald Trump het in re­ak­sie ge­sê: “Sen. John M­cCain was nog al­tyd ’n veg­ter. Word gou ge­sond.”

Fo­to: REU­TERS

Sen. John M­cCain. Met sy di­ag­no­se het hy die groot­ste ver­troue en kalm­te van al­mal ge­wys, sê sy dog­ter, Me­gan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.