Bly bin­ne en bly fiks

Beeld - - Vrydag -

Een van die groot­ste re­des waar­om ’n mens ge­neig is om win­ter­vet­jies op te tel in die koue maan­de, is om­dat min men­se daar­van hou om in die y­si­ge koue te oe­fen.

Die per­soon­li­ke af­rig­ter en kon­sul­tant Bev Ba­ker, wat ook ’n kra­ni­ge drie­kam­p­at­leet van Jo­han­nes­burg is, het on­langs haar ken­nis ge­deel van hoe ’n mens in die win­ter fiks en ge­sond kan bly en steeds kan aan­hou oe­fen om win­ter­koue hoef te trot­seer. As die bin­ne­kant van ’n gim­na­si­um jou af­sit die oom­blik as jy daar in­stap, moet jy dalk die nu­we Bo­dy 20 EMS (E­lec­tro Muscle S­ti­mu­la­ti­on) oor­weeg.

Dit werk só: Hier­die ap­pa­raat s­tuur e­lek­trie­se im­pul­se na jou spier­weef­sel wat die­self­de uit­wer­king as oe­fe­ning het. In so gou soos 20 mi­nu­te sal jy meer as 150 keer meer spier­sa­me­trek­kings er­vaar as ty­dens ’n ge­wo­ne oe­fen­ses­sie.

Ses­sies wis­sel van hoë in­ten­si­teit tot lae in­ten­si­teit en al­le pro­gram­me word vol­gens jou fiks­heids­vlak­ke aan­ge­pas. Ter­wyl die ver­trek waar­in jy oe­fen tot tus­sen 35 °C en 42 °C ver­hit word, doen jy jo­ga waar­in jy ek­stra baie ka­lo­rieë ver­brand. Die hit­te help ook dat jou spie­re meer soe­pel is en jy kan be­ter strek son­der die ri­si­ko om be­se­rings op te doen. CrossFit word bin­nens­huis ge­doen en dit is ge­grond op funk­si­o­ne­le be­we­gings soos om jou­self te lig, op te druk, te stoot en om ge­wig te trek.

Al die oe­fe­nin­ge is met gim­nas­tiek, ge­wig­op­tel en me­ta­bo­lie­se kon­di­si­o­ne­ring ge­kom­bi­neer. Tram­po­lien s­pring is die nu­we mo­de­woord op al­mal se lip­pe en hier­die vorm van oe­fe­ning moet glad nie on­der­skat word nie. Dis boon­op groot pret. Dit is min­der strem­mend op jou ge­wrig­te en dit be­vor­der ba­lans en maak jou maag- en rug­spie­re ster­ker. Baie jong men­se oe­fen glad nie, maar hul week­lik­se dans­ses­sies in nag­klubs hou hul­le fiks en ferm. Tog is die klub­le­we nie werk­lik be­vor­der­lik vir ge­sond­heid nie en daar­om het lan­de soos Aus­tra­lië en En­ge­land met ’n nu­we vorm van oe­fe­ning in gim­na­si­ums be­gin naam­lik Club­ber­ci­se.

Hier­die klas­se is 45 mi­nu­te lank en si­mu­leer ’n ra­ve of nag­klub waar jy op die maat van klu­b­mu­siek kan dans. Daar is selfs UV-lig­te en gloei­stok­kies! In een klas kan jy 600 ka­lo­rieë ver­brand.

Kies ’n oe­fe­ning wat vir jou lek­ker is en werk.

■ Bev Ba­ker is ook die am­bas­sa­deur van die Com­man­der HQ’s­oe­fen­kle­re­reeks. Be­soek com­man­der­sto­re.com vir meer in­lig­ting.

In tem­pe­ra­tu­re tus­sen 35 °C en 40 °C ver­brand jy baie meer vet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.