Wim­ble­don word on­der­soek vir wed­stryd­knoei­e­ry

Beeld - - Sport -

Drie Wim­ble­don­krag­me­tings van­jaar, wat ’n wed­stryd in die hoof­lo­ting in­sluit, word on­der­soek vir moont­li­ke knoei­e­ry.

Die TIU, ’n teen­kor­rup­sie­een­heid wat ge­fi­nan­sier word deur ten­nis se hoof­be­heer­lig­ga­me, het be­ves­tig hy on­der­soek ook ’n wed­stryd in van­jaar se Fran­se Ope. Vol­gens die TIU is die on­der­soek in re­ak­sie op ver­dag­te pa­tro­ne in wed­den­skap­pe op wed­stry­de, waar­van twee in die kwa­li­fi­se­ rings­ron­des vir Wim­ble­don ge­speel is.

“El­ke ver­dag­te voor­val word na­ge­gaan om vas te stel of iets on­van­pas plaas­ge­vind het,” sê die TIU.

“’n Ver­dag­te voor­val op sy eie is nie ’n be­wys van wed­stryd­knoei­e­ry nie. On­ge­wo­ne pa­tro­ne in wed­den­skap­pe kan ook ver­oor­saak word deur on­der meer fou­tie­we wed­sy­fers, goed in­ge­lig­te wed­ders, spe­lers se fiks­heid en spel­peil.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.