T20­fran­chi­ses se na­me dán be­kend ge­maak

Beeld - - Sport -

Die na­me van die agt krie­ket­fran­chi­ses van die nu­we T20 Glo­bal Le­a­gue sal voor vol­gen­de maand se spe­ler­strek­king be­kend wees.

Die agt ei­e­naars gaan ein­de van­dees­maand in Du­bai ’n werk­ses­sie oor die nu­we plaas­li­ke T20­reeks hou.

Die na­me van die agt span­ne sal vol­gens ’n woord­voer­der van Krie­ket Suid­A­fri­ka ná die werk­ses­sie amp­te­lik be­kend ge­maak word.

Ver­teen­woor­di­gers van die Hong­kong­se sa­ke­groep wat die Bloem­fon­tein­se fran­chi­se ge­koop het, sal die Ro­se­stad vroeg vol­gen­de maand be­soek.

Die groep is ook die ei­e­naars van Ci­ty Kai Tak, wat in Hong­kong se eie T20­reeks – Hong Kong T20 B­litz – speel.

Dié naam van die Bloem­fon­tein­se fran­chi­se sal op 1 Au­gus­tus aan­ge­kon­dig word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.