Ma oor 2 se gas­dood

Boe­sem­vrien­de van­af gr. 1 Wou saam on­der­ne­ming be­gin

Beeld - - Voorblad - Si­mon Son­ne­kus

Cor­nel Bek­ker en Ray­mond O­li­vier (al­bei 18) het ge­droom om een­dag saam ’n on­der­ne­ming te hê. Toe sterf hul­le saam langs die vis­wa­ter.

Die boe­sem­vrien­de, wat gr. 12leer­lin­ge aan die Ho­ër­skool Mo­nu­ment in Kru­gers­dorp was, is Woens­dag dood op die plaas Berg­sig Trout Farm, so­wat 12 km bui­te Kru­gers­dorp. Hul­le is ver­moe­de­lik deur gas oor­val na­dat hul­le met ’n gas­ver­war­mer in ’n k­lein twee­man­tent aan die slaap ge­raak het.

Mi­net­te Jan­se van Rens­burg, Cor­nel se ma en ’n kli­nie­se siel­kun­di­ge van Kru­gers­dorp, sê die twee was boe­sem­vrien­de se­dert hul­le gr. 1 by die La­er­skool Kru­gers­dorp-Noord be­gin het.

“Ray­mond en Cor­nel het me­kaar ont­moet toe hul­le saam op la­er­skool krie­ket ge­speel het. Se­dert­dien het hul­le die pad met me­kaar saam­ge­stap.

“Ons en Ray­mond se ou­ers het ’n lang pad saam­ge­stap juis om­dat die seuns so ’n band ge­had het,” het Mi­net­te gis­ter ge­sê.

Pie­ter Jan­se van Rens­burg, Cor­nel se stief­pa, sê Ray­mond was soos ’n kind in hul huis. “Hy het saam met ons ge­kamp, hy het saam met ons va­kan­sie ge­hou by ons plek in S­til­baai. Ek het juis Dins­dag met Ray­mond ge­spot en ge­vra of hy van­jaar weer saam kom. ‘Vir die vol­gen­de drie jaar oom,’ het hy ge­sê. Hy was ons kind. Hy het won­der­li­ke ou­ers, maar hy was ook ’n ga­we kind in ons huis.”

Mi­net­te sê Cor­nel, ’n lid van die s­kool se leer­ling­raad, het voor­lo­pi­ge keu­ring ge­kry om vol­gen­de jaar ak­tu­a­ri­ë­le we­ten­skap aan die U­ni­ver­si­teit van Jo­han­nes­burg te stu­deer.

“Cor­nel het ’n paar aan­de voor­dat hul­le gaan vis­vang het, vir my ge­sê daar brand iets in hom om ’n suk­ses van sy le­we te maak. Hy en Ray­mond het al saam plan­ne be­gin be­raam om on­der­ne­mings te be­gin,” sê Mi­net­te.

Pie­ter sê Cor­nel se sa­ke­lus het ge­kom toe hy ge­sien het hoe sy half­broer, T­hi­nus Bek­ker, sy on­der­ne­mings be­dryf.

“Cor­nel en T­hi­nus het ’n baie goeie ver­hou­ding ge­had. Hul­le was eer­stens broers met ’n baie heg­te band, maar Cor­nel het ook ge­sien hoe werk T­hi­nus met sy on­der­ne­mings en het daar­uit sy lus daar­voor ge­kry.”

T­hi­nus, wat on­der meer ’n maat­skap­py be­dryf wat lug­re­ë­ling in­stal­leer, sê hy en Cor­nel het baie tyd saam deur­ge­bring.

“Ons het saam vier­wiel­mo­tor­fiet­se ge­ry en ge­gim en hy het al by ge­sit as ek met my kli­ën­te werk, maar net soos wat hy op­ge­sien het na my, het ek hom be­won­der. Ek het nou die aand deur my fo­to’s ge­gaan en be­sef dat hy ’n groot rol in my en my ne­ge­ja­ri­ge dog­ter­tjie se le­we ge­speel het.

“Sy het ook op­ge­sien na hom, so­veel so dat sy hom nie as ’n oom ge­sien het nie, maar eer­der as ’n broer. Hy was net so spe­si­aal vir ons soos wat ons vir hom was,” sê T­hi­nus.

Met die ver­slag­span se be­soek gis­ter was Cor­nel se ka­mer in die meent­huis waar­in hy se­dert sy 18de jaar in die­self­de kom­pleks as sy ou­er­huis ge­woon het, net­jies. Sy mei­sie het op ’n skryf­bord in sy ka­mer ge­skryf: “Ek sal al­tyd lief wees vir jou.”

“Cor­nel was ’n per­fek­si­o­nis. Sy kle­re­kas was al­tyd net­jies en el­ke din­ge­tjie het sy plek ge­had. Hy was nie ’n stout seun nie; hy was ver­ant­woor­de­lik,” sê Mi­net­te.

Al­bei ge­sin­ne wag nog op die uit­slae van die lyk­skou­ings wat lig sal werp op die seuns se dood.

“Die huis is stuk­kend en cha­o­ties. Dit gaan baie sleg. Hy was my e­nig­ste kind en dit voel on­werk­lik. Ek suk­kel om te glo dat dit ge­beur het,” sê Mi­net­te.

Fo­to: SI­MON SON­NE­KUS

Die kam­peer­plek op die Berg­sig Trout Farm waar die 18­ja­ri­ge vrien­de Cor­nel Bek­ker en Ray­mond O­li­vier dood ge­vind is.

Fo­to: SI­MON SON­NE­KUS

Die bood­skap wat Cor­nel se mei­sie in sy ka­mer ge­skryf het.

Fo­to: FA­CE­BOOK

Mi­net­te Jan­se van Rens­burg en haar seun, Cor­nel Bek­ker.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.