Aan­de­le in Tel­kom delg dalk SAL­skuld

Staat wil sy ba­tes ver­koop

Beeld - - Nuus - Fran­cois Wil­li­ams

Suid­A­fri­ka se kre­die­taf­gra­de­ring, die ver­swak­te e­ko­no­mie en die vin­ni­ger ag­ter­uit­gang van die lug­diens se kon­tant­vloei het drin­gen­der op­tre­de ge­nood­saak.

Die re­ge­ring gaan die SAL vir die so­veel­ste keer te hulp snel. Dié keer wil hy dit doen deur nie­stra­te­gie­se s­taats­ba­tes te ver­koop, heel moont­lik sy be­lang in Tel­kom.

Ma­lu­si Gi­ga­ba, mi­nis­ter van fi­nan­sies, sê in ’n ver­slag aan die par­le­ment ba­tes word tans ge­ï­den­ti­fi­seer wat ver­koop kan word om die R2,2 mil­jard te be­taal wat die tesourie ein­de Ju­nie uit die staats­kas ge­vat het om die na­si­o­na­le lug­diens se le­ning aan S­tan­dard C­har­te­red Bank te­rug te be­taal.

S­tan­dard C­har­te­red is een van ’n paar ban­ke wat by­na R16 mil­jard aan die SAL ge­leen het, maar teen Ju­nie on­ge­dul­dig ge­raak het en hul geld wou te­rug­hê.

Die tesourie kon met die an­der ban­ke on­der­han­del om die le­nings te ver­leng, maar S­tan­dard C­har­te­red was steeks. Om te keer dat die SAL sy staats­waar­borg hoef te ge­bruik, wat ’n storm­loop deur die an­der ban­ke kon ont­ke­ten en die ri­si­ko vir ’n ver­de­re kre­die­taf­gra­de­ring sou ver­groot het, het die tesourie art. 16 van die Wet op die Be­stuur van O­pen­ba­re Fi­nan­sies (PFMA) be­nut om die drin­gen­de be­ta­ling te doen.

Dié wet be­paal dat die mi­nis­ter ’n ver­slag oor die tran­sak­sie by die par­le­ment moet in­dien.

Gi­ga­ba be­lo­we daar­in hy sal in Ok­to­ber met die me­di­um­ter­myn­be­gro­tings­raam­werk sê wat­ter s­taats­ba­tes ver­koop kan word.

Hy sê die SAL se te­kor­te sou in die aan­vul­len­de be­gro­ting in Ok­to­ber aan­dag kry, maar Suid-A­fri­ka se kre­die­taf­gra­de­ring, die ver­swak­te e­ko­no­mie en die vin­ni­ger ag­ter­uit­gang van die lug­diens se kon­tant­vloei het drin­gen­der op­tre­de ge­nood­saak.

Die SAL het al R18,624 mil­jard van sy to­ta­le staats­waar­borg van R19,114 mil­jard ge­bruik, sê Gi­ga­ba.

Alf Lees, DA-woord­voer­der oor fi­nan­sies, sê die ver­koop van ’n deel van die be­lang in Tel­kom is ’n mak­li­ke en vin­ni­ge ma­nier om die SAL se skuld te delg.

Op grond van Tel­kom se hui­di­ge aan­deel­prys op die JSE is sy mark­waar­de R35,2 mil­jard.

Die re­ge­ring se be­lang van 39,7% is dus so­wat R14 mil­jard werd.

Die re­ge­ring het dié stap ook al in die ver­le­de ge­doen.

In 2015 het die re­ge­ring sy be­lang van 14% in Vo­da­com aan die O­pen­ba­re Be­leg­gings­kor­po­ra­sie ver­koop om E­s­kom te her­ka­pi­ta­li­seer.

Lees sê dit is kom­mer­wek­kend dat daar geen voor­waar­des aan die hulp­plan aan die SAL be­kend ge­maak is nie.

“Die ge­volg­trek­king is dat daar geen voor­waar­des is nie en dat die SAL sal kan voort­gaan om reu­se­ver­lie­se te ly,” sê hy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.