‘Dis be­lang­rik om jou lyf lief te hê’

Van Be­no­ni na loop­plank in New York

Beeld - - Nuus - Si­mon Son­ne­kus

’NDorps­ge­noot van die ak­tri­se C­har­li­ze T­heron maak tree vir tree naam in een van die hoof­ste­de van die mo­de­wê­reld.

An­ge­li­que Oa­tes, ’n Oos-Ran­der wat New York toe is om au pair-werk te doen, sê sy het nooit eens ge­dink aan mo­del­werk nie. Nou­dat sy haar eer­ste tree op die loop­plank in die Full Fi­gu­red Fashi­on Week ge­gee het, dink en droom sy groot.

Oa­tes sê sy het eint­lik op ’n dag gaan aan­sluit by dra­ma­les­se. “Toe ek weer kyk, word ek werk aan­ge­bied as ’n mo­del.”

Die ta­lent­soe­ker het aan haar ge­sê sy is die reg­te leng­te en die reg­te groot­te (nr. 14) om ’n plus­groot­te-mo­del te word, sê sy.

“’n Paar maan­de la­ter is ek ge­nooi na die Full Fi­gu­red Fashi­on Week,” sê sy.

Dit was in Ju­nie van­jaar in New York.

Sy het in 2009 aan die Be­no­ni High S­chool ma­triek ge­skryf en is in 2015 na die VSA. Die plan was om vir ’n jaar au pair-werk daar te doen na­dat sy in 2014 haar graad be­haal het.

Oa­tes sê plus­groot­te-mo­del­werk het die laas­te tyd vlam ge­vat, ver­al in die VSA.

“Ash­ley Gra­ham het ver­le­de jaar ’n groot stig­ma ge­troef toe sy in S­ports Il­lus­tra­ted se swem­drag­uit­ga­we ver­skyn het. Die wê­reld het meer be­wus ge­raak van men­se wat nie kon­ven­si­o­ne­le (mo­del)-ly­we het nie.”

Oa­tes sê sy het op die Full Fi­gu­red Fashi­on Week, wat al ne­ge jaar ge­hou word, ge­leer hoe dié mark vin­nig oor die wê­reld heen gro­ter bekendstelling kry.

“Daar was mo­del­le uit Duits­land, Aus­tra­lië en En­ge­land, al­mal van plus­groot­te, wat aan die mo­de­pa­ra­de deel­ge­neem het. Dit was fan­tas­ties om te sien hoe men­se hul eie le­we lief het.”

Al word werk vir plus­groot­te­mo­del­le vin­nig ge­wil­der, is die ge­leent­he­de daar­voor in SuidA­fri­ka maar skaars.

“My fa­mi­lie en vrien­de was aan­vank­lik skep­ties toe hul­le hoor ek gaan deel­neem, maar hul­le on­der­steun my nou 100%. Suid-A­fri­ka­ners raak ook meer ge­woond aan die i­dee van sul­ke mo­del­werk, ten spy­te van die paar vrot ap­pels wat kri­ties en le­lik daar­oor is,” sê sy.

“In plus­groot­te-mo­del­werk is dit be­lang­rik om jou lyf lief te hê. Men­se dink mo­del­werk be­te­ken pe­ti­te ly­we, maar vol­ler fi­gu­re is ook mooi. Ek wil men­se leer om po­si­tief te wees oor hul lyf.”

Oa­tes sê die groot­ste mi­te is dat plus­groot­te-mo­del­le nie ’n streng di­eet en oe­fen­pro­gram volg nie. “Ek gym net so­veel soos my vrien­din wat ’n ge­wo­ne mo­del is. Ge­woon­lik is dit so vier keer ’n week. Ek moet ook bit­ter mooi kyk wat ek eet. Ek kan ver­al nie baie sui­ker of ka­fe­ïen in­neem nie,” sê sy.

Haar vol­gen­de ver­sky­ning as mo­del is in Sep­tem­ber by die Miss Fashi­on Week in New York.

“Dit is die op­win­dend­ste, maar stres­vol­ste tyd van my le­we. Ter­wyl ek mo­del­werk doen, stu­deer ek ook vir ’n sa­ke­graad en ek werk as au pair, maar die i­dee is om heel­tyds mo­del­werk te doen.”

An­ge­li­que Oa­tes

Fo­to’s: FA­CE­BOOK

Oa­tes op die loop­plank by die Full Fi­gu­red Fashi­on Week in New York.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.