DA het baie vrae oor Sas­sa se ty­de­li­ke hoof

Beeld - - Nuus - L­le­wel­lyn P­rin­ce

Bat­ha­bi­le Dla­mi­ni, mi­nis­ter van maat­skap­li­ke ont­wik­ke­ling, sal moet sê of die nu­we waar­ne­men­de uit­voe­ren­de hoof van die Suid-A­fri­kaan­se a­gent­skap vir maat­skap­li­ke se­ker­heid (Sas­sa) wat sy van­dees­week aan­ge­stel het, ’n sa­ke­ven­noot van haar dog­ter is.

Dit gaan een van die skrif­te­li­ke vrae wees wat die DA aan Dla­mi­ni gaan rig na­dat Mail & Gu­ar­di­an gis­ter be­rig het dat Pe­arl B­hen­gu ’n sa­ke­ver­hou­ding met Dla­mi­ni se 21-ja­ri­ge dog­ter, Sk­hum­bu­zo Ma­zi­bu­ko, het.

Al­bei is glo di­rek­teu­re van die maat­skap­py Um­notho Wa­ba­fa­zi Biz, wat in die ma­ri­tie­me sek­tor sa­ke wou doen en in Ju­lie 2015 ge­re­gis­treer is toe Ma­zi­bu­ko net 19 jaar oud was.

Lum­ka O­lip­hant, Dla­mi­ni se woord­voer­der, het aan Mail & Gu­ar­di­an ge­sê die maat­skap­py het nooit sa­ke ge­doen nie en dat B­hen­gu in­ge­vol­ge wet­ge­wing haar di­rek­teur­skap ver­klaar het.

Vol­gens die koe­rant het Dla­mi­ni en B­hen­gu self glo ’n baie nou ver­hou­ding.

Dla­mi­ni het B­hen­gu vroe­ër van­dees­week as waar­ne­men­de Sas­sa-hoof aan­ge­stel na­dat T­ho­ko­za­ni Mag­wa­za dié pos in ge­heim­sin­ni­ge om­stan­dig­he­de ver­laat het.

Mag­wa­za het kort voor sy ver­trek doods­drei­ge­men­te ont­vang en dit is wel­be­kend dat hy en Dla­mi­ni nie oor die weg ge­kom het nie.

Hy het kort voor sy ver­trek ook Dla­mi­ni se on­wet­tig aan­ge­stel­de spe­si­a­le raad­ge­wers, wat as pa­ral­lel­le be­stuur­ders van Sas­sa op­ge­tree het, af­ge­dank.

B­rid­get Ma­san­go, DA-woord­voer­der oor maat­skap­li­ke ont­wik­ke­ling, het gis­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê daar is ver­skeie erns­ti­ge be­we­rings oor die on­af­hank­lik­heid en ka­rak­ter van B­hen­gu. “Dla­mi­ni self het die laas­te tyd op ’n hoogs t­wy­fel­ag­ti­ge wy­se op­ge­tree.”

Vol­gens Ma­san­go sal die DA aan Dla­mi­ni skryf en ’n aan­tal vrae aan haar stel oor die pos van uit­voe­ren­de hoof van Sas­sa, as­ook B­hen­gu se ge­skikt­heid om dit te be­klee.

“Die mi­nis­ter moet ver­al ant­woord oor wan­neer ’n per­ma­nen­te uit­voe­ren­de hoof vir Sas­sa aan­ge­stel sal word en op die be­we­rings dat B­hen­gu en haar dog­ter sa­ke­ven­no­te is.”

Ma­san­go sê die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof se sper­tyd van 31 Maart 2018 om ’n an­der diens­ver­skaf­fer vir die uit­be­ta­ling van staats­toe­lae te kry, kom ook vin­nig na­der.

“Die DA glo dat Dla­mi­ni dié kri­sis self ge­skep het, heel waar­skyn­lik om te ver­se­ker dat Cash Pay­mas­ter Ser­vi­ces (die hui­di­ge ver­skaf­fer wie se kon­trak die hof as on­gel­dig be­vind het) aan­hou om staats­toe­lae te ver­sprei en dat Dla­mi­ni en haar tra­wan­te op ’n ma­nier gel­de­lik daar­by baat kan vind.

“Die pro­ses moet dié keer deur­sig­tig wees en nie in die han­de van in­di­vi­due wees wat blyk in die sak­ke van dié min­ag­ten­de en ar­ro­gan­te mi­nis­ter te wees nie. Die DA sal nie net toe­kyk hoe nog ’n maat­skap­li­ke toe­laag-kri­sis ont­vou nie.”

Fo­to: CONRAD BORNMAN

Bat­ha­bi­le Dla­mi­ni

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.