Ce­cil se seun ook nou tro­fee

Beeld - - Nuus - Ja­na B­rey­ten­bach

Die seun van Ce­cil die leeu is deur tro­fee­jag­ters in Zim­bab­we dood­ge­skiet, so­wat twee jaar na­dat Ce­cil dood­ge­skiet is.

The Gu­ar­di­an be­rig Xan­da was ses jaar oud en was self die pa van ’n klomp leeu­wel­pies.

Xan­da is op 7 Ju­lie bui­te die H­wan­ge- na­si­o­na­le park, nie ver van waar Ce­cil ge­skiet is nie, ge­jag.

Die nuus het eers Don­der­dag be­kend ge­word.

Die tro­fee­jag­tog is deur Ri­chard Cooke, ’n Zim­bab­wie­se jag­ter, ge­or­ga­ni­seer. Sy klan­te, wat ver­moe­de­lik tien­dui­sen­de dol­lar be­taal het, se na­me is nie be­kend ge­maak nie.

Xan­da het ’n GPS-op­spo­rings­hals­band ge­dra wat deur Andrew Lo­ve­rid­ge, ’n we­ten­skap­li­ke aan die Ox­ford-U­ni­ver­si­teit wat die H­wan­ge-leeus baie ja­re be­stu­deer het, aan­ge­bring is.

“Per­soon­lik dink ek dit is baie hart­seer as men­se leeus skiet, maar daar is men­se wat baie geld daar­voor sal be­taal,” het Lo­ve­rid­ge aan The Gu­ar­di­an ge­sê.

Lo­ve­rid­ge is nie heel­te­mal teen trofeejag ge­kant nie.

Vi­r­gi­nia M­cKen­na, me­de­stig­ter van die Born Free-stig­ting, be­stem­pel Xan­da se dood as ’n “ril­ler­ver­haal”.

“Ek dink nie ek is die e­nig­ste een wat ge­skok is deur dié ob­se­ne ont­span­nings­tyd­ver­dryf nie,” sê M­cKen­na.

“Dit maak nie saak dat dit wet­tig is nie. Kan wets­toe­pas­sers as­se­blief nou wéér daar­op re­a­geer?”

Vol­gens M­cKen­na is daar min­der as 20 000 leeus in A­fri­ka oor.

“As hul­le nie meer be­staan nie, wat gaan vol­gen­de ge­jag word?”

Xan­da was die al­fa-leeu­man­ne­tjie in die groep met twee wy­fies en ver­skeie wel­pies wat na­by die g­rens van die park rond­loop.

“Hy is 2 km van die park se g­rens ge­skiet,” sê Lo­ve­rid­ge.

Xan­da se dood hou nie ’n be­drei­ging in vir die leeu­be­vol­king van 550 in dié park nie.

Lo­ve­rid­ge sê dit is ’n ge­son­de ge­tal.

Hy sê ook Cooke is ’n ver­ant­woor­de­li­ke jag­o­pe­ra­teur en het ’n wet­ti­ge per­mit om te jag.

Cooke het nie op The Gu­ar­di­an se ver­soek om kom­men­taar ge­re­a­geer nie.

Ce­cil se dood het in 2015 groot op­spraak oor trofeejag ver­oor­saak en oor hoe wins­ge­wend dit kan wees na­dat vas­ge­stel is dat so­wat 1 500 leeus per jaar ge­jag word.

Ce­cil, wat 13 jaar oud was toe hy ge­skiet is, was na ra­ming die pa van 13 wel­pies en hy het 15 “klein­kin­ders” ge­had.

Fo­to: AP

Ce­cil die leeu. Hy is in 2015 deur ’n jag­ter ge­skiet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.