Kleu­ter­skool ‘toon geen be­rou’ ná tuin­slang­voor­val

Beeld - - Nuus - Seugnet van Zyl

Die kleu­ter­skool waar ’n drie­ja­ri­ge seun­tjie glo Maan­dag met wa­ter uit ’n tuin­slang skoon­ge­spuit is na­dat hy ’n glip­sie ge­had het, toon vol­gens sy pa geen be­rou oor die voor­val nie.

Die man sê hy en sy vrou het Don­der­dag­aand met die be­stuur van die kleu­ter­skool ver­ga­der.

Hy sê wat hom die mees­te van die vergadering ge­skok het, is die skool­hoof se op­mer­king dat sy nie kan ver­staan dat die pu­bliek so he­wig ge­re­a­geer het op ’n ba­ba wat ’n glip­sie ge­had het nie.

’n Fo­to op Fa­ce­book van die kaal seun­tjie pas na­dat hy na be­we­ring bui­te in die koue skoon­ge­spuit is by die kleu­ter­skool in Rus­ten­burg het woe­de ont­lok.

Die pa, wie se i­den­ti­teit weer­hou word om die kind te be­skerm om­dat hy moont­lik ’n slag­of­fer van mis­han­de­ling is, sê hy het die skool­hoof, ’n se­ni­or on­der­wy­se­res en die be­trok­ke wer­ker wat sy seun­tjie skoon­ge­spuit het op die vergadering her­haal­de­lik ge­vra of hul­le dink dit is reg wat hul­le ge­doen het.

“Hul­le het net stil­ge­bly en geen be­rou ge­toon nie. Hul­le het ons nie eens om ver­sko­ning ge­vra nie.”

Hy sê die wer­ker het er­ken sy het die seun­tjie met die tuin­slang af­ge­spuit, “maar net van sy knieë af on­der­toe” na­dat sy hom met ’n em­mer en warm hou aan praat oor die voor­val, sê die ma.

An­ne­lie Nel van Rus­ten­burg en ’n kol­le­ga het die be­weer­de voor­val Maan­dag­mid­dag vroeg aan­skou toe hul­le by die kleu­ter­skool ge­stop het om aan­wy­sings te vra.

Sy sê die seun­tjie het ge­skree ter­wyl ’n per­so­neel­lid hom ag­ter die kleu­ter­skool skoon­ge­spuit het. Dié per­so­neel­lid en ’n an­der een wat toe­ge­kyk het, het glo ge­lag.

Nel se kol­le­ga het ’n fo­to van die seun­tjie ge­neem pas na­dat hy af­ge­spuit is. Sy sê sy kon nie by die kleu­ter­skool in­kom nie om­dat daar drie hek­ke is. Sy het die fo­to la­ter op haar Fa­ce­book­blad ge­plaas in ’n po­ging om die ou­ers op te spoor. Ie­mand het die seun­tjie her­ken en sy ou­ers laat weet. Die ma was ge­skok en “bui­te haar­self” toe sy die vol­gen­de dag hoor wat glo ge­beur het.

Die kleu­ter­skool het haar Maan­dag laat weet haar seun het ’n “glip­sie” ge­had en dat sy vir hom skoon kle­re moet bring. Hy was in ’n hand­doek toe­ge­draai toe sy by die kleu­ter­skool kom. ’n On­der­wy­se­res het glo vir haar ge­sê hy is met warm wa­ter af­ge­spoel, maar die seun­tjie het la­ter vir sy ma ver­tel hy is “met koue wa­ter af­ge­spoel”.

A­li­ce Car­nell, di­rek­teur van C­hild­li­ne in Noord­wes, sê hul­le sal die kleu­ter­skool vol­gen­de week be­soek om die voor­val en al­ge­me­ne prak­ty­ke te on­der­soek.

Fo­to: FA­CE­BOOK

P­hi­lip Sny­man met E­mi­ly in sy arms.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.