‘Mooi men­se is nou net weg’

Beeld - - Nuus -

Sy en Jor­dan is al­bei nog in die waak­een­heid van die hos­pi­taal.

Jor­dan het sy ma nog glad nie ná die on­ge­luk ge­sien nie. Hy het sy bek­ken ge­breek, het ’n ge­kraak­te ske­del en ’n be­se­ring aan die een long.

Pie­ter sê die on­ge­luk is ’n tra­ge­die.

“Hul­le is al­mal sul­ke goeie en or­dent­li­ke men­se. ’n Mens hoor van sul­ke goed wat ge­beur . . . maar dit is ver­skrik­lik as dit met jou ge­lief­des ge­beur.”

Pie­ter sê Kie­ser en sy twee seuns was “mooi men­se wat nou net weg is”.

Jor­dan het Dins­dag­mid­dag 14:50 aan sy pa (Pie­ter) ’n W­hat­sApp-bood­skap ge­stuur om te sê hul­le is te­rug van Mo­sam­biek en sou die aand op Kie­ser se plaas bui­te M­bom­be­la oor­bly.

“Ek het 15:15 ’n op­roep van die am­bu­lans­diens­te ge­kry wat ge­sê het daar was ’n on­ge­luk . . . ek kon nie glo wat ek hoor nie,” sê Pie­ter.

Die Kie­ser-fa­mi­lie be­plan om Don­der­dag ’n rou­diens vir Hein­rich en sy twee seuns in die ou­di­to­ri­um van P­re­to­ria Boys High, waar Chris­ti­an ’n gr. 9-leer­ling was, te hou. Al­din was in gr. 7 in die Wa­ter­kloof P­ri­ma­ry S­chool.

Chris­ti­an het na­si­o­na­le kleu­re in gholf en wa­ter­po­lo ge­had en Al­din was ’n kra­ni­ge sok­ker­spe­ler en het rug­by vir die Har­le­quins-klub se o.13-span ge­speel.

Die seuns het a­ka­de­mies goed pres­teer en het graag saam met hul pa gaan jag.

Daar is ook tal­le fo­to’s van Kie­ser en sy seuns op ’n wa­ter­ski, in ’n he­li­kop­ter en op die strand op Fa­ce­book. Die pa en seuns sal Don­der­dag 12:00 in die P­re­to­ria-Oos-be­graaf­plaas ter rus­te ge­lê word.

Die seuns se ma, I­tha Kie­ser, is pro­duk­sie­re­dak­teur van die tyd­skrif Wild & Jag. I­tha en Hein­rich was ver­vreem van me­kaar. Sy het ná die doods­ty­ding op haar Fa­ce­book-blad ge­skryf: “My prag­ti­ge kin­ders, Chris­ti­an en Al­din, is saam hul pap­pa in ’n motorongeluk dood. Op pad te­rug van­af Mo­sam­biek.”

Sy is nog te ge­skok om oor haar ver­lies te praat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.