Rou­diens vir drie dán ge­hou

Beeld - - Nuus - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

‘Ek het ge­sien oom Hein is dood ag­ter die stuur­wiel. Daar was bloed op sy kop.” So het Jor­dan Ven­ter (15), wat Dins­dag­mid­dag in ’n gru-motorongeluk bui­te M­bom­be­la (Nel­spruit) in M­pu­ma­lan­ga erns­tig be­seer is, uit sy hos­pi­taal­bed aan sy pa, Pie­ter Ven­ter, ge­sê.

Jor­dan is be­seer in die on­ge­luk waar­in Hein­rich Kie­ser, ’n sa­ke­man van P­re­to­ria, en sy twee seuns, Chris­ti­an (15) en Al­din (12), op slag dood is.

Jor­dan se ma, Gil­li­an Ven­ter (47), was Kie­ser se vrien­din van die af­ge­lo­pe se­we jaar en is ook baie erns­tig be­seer. Hul­le was in ’n sil­wer­kleu­ri­ge Toyo­ta Rav4 op pad te­rug van va­kan­sie in Mo­sam­biek toe die on­ge­luk op die N4 tus­sen Ma­la­la­ne en Hec­tor­spruit ge­beur het.

Die Toyo­ta Rav4 het reg van voor teen ’n swaar­vrag­mo­tor, wat moont­lik steen­kool ver­voer het, ge­bots. Die vrag­mo­tor­be­stuur­der het na regs uit­ge­swaai om ’n bot­sing met ’n mo­tor voor hom te ver­my, maar toe reg van voor teen Kie­ser se mo­tor ge­bots.

Slegs ver­wron­ge stuk­ke me­taal het oor­ge­bly van die Toyo­ta.

Pie­ter sê Jor­dan, wat on­der sterk ver­do­wing is, kan nie e­nig­iets ont­hou van toe die on­ge­luk ge­beur het nie.

“Hy sê net toe hy wak­ker ge­word het, het hy bui­te die mo­tor­wrak ge­lê, met sy be­ne nog in die voer­tuig.

“Hy het ge­sien dat Chris­ti­an en Al­din, wat ag­ter hul pa ge­sit het wat die mo­tor be­stuur het, ook dood is.”

Jor­dan het ag­ter sy ma, wat in die pas­sa­sier­sit­plek was, ge­sit.

“As Jor­dan in die mid­del van die sit­plek ge­sit het, was hy nou weg,” sê Pie­ter.

Gil­li­an het se­dert die on­ge­luk nog nie haar be­wus­syn her­win nie en haar toe­stand is be­denk­lik. Sy moes Don­der­dag­mid­dag ’n o­pe­ra­sie in die Me­di­cli­nic Nel­spruit on­der­gaan om bloe­ding in die le­wer te stop. Dok­ters het ten ty­de van die o­pe­ra­sie ook haar hand, wat vol teer en glas was, skoon­ge­skrop. Haar skou­er, as­ook al haar rib­be en haar en­kel, is ge­breek, sê Pie­ter.

Fo­to: FA­CE­BOOK

Hein­rich Kie­ser saam met sy seuns, Al­din (12) en Chris­ti­an (15), op ’n va­kan­sie in P­let­ten­berg­baai in 2015. Al drie is in ’n gru­on­ge­luk in M­pu­ma­lan­ga dood.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.