‘De Kock op vei­li­ge plek’ ná te­huis­dra­ma ‘Ons tref nie on­der­skeid’ – do­mi­nee

Beeld - - Nuus - Seugnet van Zyl

Eu­ge­ne de Kock (68), die voor­ma­li­ge Vlak­plaas-be­vel­voer­der, is “vei­lig” en “rus­tig” na­dat hy vroe­ër die week uit ’n ou­e­te­huis in P­re­to­ria ver­wy­der is.

De Kock was vir so­wat twee we­ke ’n in­wo­ner van die Ons Tuis-te­huis in Ri­vie­ra, P­re­to­ria, voor­dat ver­sor­gers en hulp­ver­ple­ërs teen sy in­trek kap­sie ge­maak het.

“Dis eint­lik jam­mer, want dit sou vir sy mens­wees goed ge­wees het,” sê ds. D­ries Beu­kes, waar­ne­men­de be­stuur­der van die Ons Tuis- en Mo­nu­ment-te­huis.

A­ne­ma­ri Jan­sen, ver­trou­e­ling van De Kock wat die boek As­sas­sin for the S­ta­te oor hom ge­skryf het, het gis­ter­mid­dag by na­vraag net ge­sê De Kock is op ’n vei­li­ge plek.

“Ek kan nie reg­tig nou kom­men­taar le­wer nie, maar ho­pe­lik sal die sto­rie ’n be­ter ein­de hê.”

Beu­kes sê hy het eers ’n week na­dat De Kock in Ons Tuis in­ge­neem is, daar­van ge­hoor.

“Ons is ’n diens­or­ga­ni­sa­sie. Ons e­va­lu­eer ’n per­soon of hy ge­skik is vir ’n te­huis al dan nie.”

Beu­kes sê die e­va­lu­e­rings­pro­ses is ver­trou­lik en maat­skap­li­ke wer­kers ge­bruik hul eie oor­deel.

“Hy is siek. Ie­wers moes hul­le ’n heen­ko­me vir hom soek.”

Rap­port het ein­de Ju­nie be­rig dat ’n uit­ge­teer­de De Kock in ’n be­denk­li­ke toe­stand in ’n se­nu­kli­niek in P­re­to­ria be­han­del word.

Jan­sen het des­tyds ge­sê De Kock het in De­sem­ber ’n al­ge­he­le fi­sie­ke en gees­te­li­ke in­een­stor­ting ge­had.

Vol­gens haar het hy aan­vank­lik weens ’n lon­gem­bo­lis­me by die dood om­ge­draai.

“Dit was sy lig­gaam se re­ak­sie na­dat hy reeds erg de­pres­sief was.”

Jan­sen het toe ook ge­sê dat De Kock geen vas­te heen­ko­me het nie.

“Hy word van een vei­li­ge huis na die vol­gen­de ge­skuif. Hy het nê­rens wat hy sy eie kan noem om sy voe­te in die sa­me­le­wing te vind nie.

“Hy is in sy kop nog nooit werk­lik uit die tronk vry­ge­laat nie, want hy is steeds ’n ge­van­ge­ne van sy om­stan­dig­he­de,” het sy aan Rap­port ge­sê.

Vol­gens Beu­kes het ’n “jong maat­skap­li­ke wer­ker” De Kock laat op­neem son­der dat sy eens be­sef het wie hy is.

“Dis ’n mens. Ons tref nie on­der­skeid tus­sen men­se nie. Ons het vir nie­mand nog ’n mis­daad­na­vraag ge­doen nie. Hier­die per­soon het wet­ti­ge pa­rool.”

Hy sê De Kock het ska­de aan niks en nie­mand by die te­huis be­rok­ken nie.

Vol­gens Beu­kes was so­wat 30 ver­sor­gers en hulp­ver­ple­ërs teen De Kock se in­trek ge­kant.

Hy sê hul­le was bang en het vir hul le­we ge­vrees.

“Ek het hul­le ge­vra waar­voor. Hy het nie ’n wa­pen nie.

“Toe het hul­le ook ge­sê dat hul­le nooit in­ge­lig is dat hy ’n in­wo­ner daar sou wees nie, maar ons lig hul­le eint­lik nooit oor e­nig­ie­mand in nie.”

Die So­we­tan het be­rig ’n vrou­e­wer­ker het ge­sê: “Hy het baie men­se dood­ge­maak. As daar an­der men­se is wat hom wil dood hê, is ons in ge­vaar.”

Nog ’n wer­ker het aan die koe­rant ge­sê: “Hul­le dink ons ken nie ons ge­skie­de­nis nie. Hul­le dink ons is dom.”

Beu­kes het be­na­druk dat De Kock nie ’n klui­se­naar in die te­huis was nie en nie net in sy ka­mer ge­bly het soos van die wer­kers be­weer het nie.

“Daar was in­struk­sies op sy ka­mer­deur, maar hy het in die eet­saal ge­ëet.”

De Kock is in 2015 met streng pa­rool­voor­waar­des vry­ge­laat na­dat hy 20 jaar in C-Max, die mak­si­mum­se­ker­heids­af­de­ling van die K­go­si Mam­pu­ru-tronk in P­re­to­ria, op­ge­sluit was.

Hy is daar­na steeds deur be­amp­tes van ver­moe­de­lik die staats­vei­lig­heids­af­de­ling be­waak en waar hy ge­bly het, was ’n ge­heim.

De Kock het Ons Tuis Woens­dag om­streeks 14:00 glo ver­ge­sel deur ses mans in drie voer­tuie ver­laat.

Oud­genl. Jo­han van der Mer­we, voor­sit­ter van die po­li­sie se lief­da­dig­heids­trust, het in Ju­nie aan Rap­port ge­sê ’n af­tree­oord met ver­sor­ging is een van die moont­lik­he­de om De Kock te ves­tig na­dat sy sie­ke­fonds­voor­de­le vir be­han­de­ling by die se­nu­kli­niek uit­ge­put is.

Dié trust werk saam met Jan­sen om geld in te sa­mel om De Kock te help met sy uit­ga­wes en ’n plek te kry waar hy per­ma­nent kan in­trek.

De Kock, wat die po­li­sie des­tyds met ’n skei­dings­pak­ket ver­laat het, kry geen pen­si­oen nie.

Fo­to: A­NE­MA­RI JAN­SEN

’n On­lang­se fo­to van ’n siek Eu­ge­ne de Kock.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.