Graça Ma­chel dag­vaar dalk Ma­di­ba se dok­ter weens boek

Beeld - - Nuus - Mahlat­se Gal­lens, News24

Graça Ma­chel, Nel­son Man­de­la se we­du­wee, oor­weeg reg­stap­pe teen Ve­jay Ram­la­kan, sy eer­tyd­se ge­nees­heer, oor sy boek, Man­de­la’s Last Y­e­ars.

Ma­chel het die boek gis­ter ver­oor­deel in ’n ver­kla­ring wat haar stig­ting uit­ge­reik het.

Ram­la­kan is ’n voor­ma­li­ge ge­nees­heer-ge­ne­raal en was die hoof van Man­de­la se me­die­se span tot met sy dood in 2013.

In sy boek word be­son­der­he­de ver­skaf van Man­de­la se laas­te ja­re, in­slui­tend van se­ke­re in­tie­me oom­blik­ke net voor sy dood.

In van die uit­trek­sels wat van­dees­week aan News24 uit­ge­reik is, skryf Ram­la­kan oor Man­de­la se op­na­me in die Me­di­cli­nic-hart­hos­pi­taal in P­re­to­ria op 8 Ju­nie, toe hy in ’n erns­ti­ge toe­stand was.

Ram­la­kan skryf ook oor van Ma­di­ba se kwa­le, in­slui­tend ’n bloei­en­de maag­seer en ’n lon­gin­fek­sie, en oor die druk van die me­dia wat bui­te die hos­pi­taal ver­ga­der het om in­lig­ting oor sy ge­sond­heid te be­kom.

Ma­chel dreig met reg­stap­pe en sê die boek is ’n oor­tre­ding van die ver­trou­ens­ver­hou­ding tus­sen ’n dok­ter en ’n pa­si­ënt.

“Ek win regs­ad­vies in oor of ek reg­stap­pe teen die skry­wer en uit­ge­wer moet doen,” sê Ma­chel.

Die uit­ge­wer van die boek, Pen­guin Rand­om Hou­se SA, sê Ram­la­kan het aan hul­le ge­sê hy het toe­stem­ming by Man­de­la se fa­mi­lie ge­kry om die boek te skryf.

“Hul ver­teen­woor­di­ger het ’n proef­ek­sem­plaar van die boek ont­vang.”

Pen­guin sê die boek “vol­tooi” die sto­rie van Man­de­la “met re­spek en die on­der­steu­ning van fa­mi­lie­le­de”.

Ma­chel sê sy sal met die ek­se­ku­teurs van Ma­di­ba se boe­del – oud­reg­ter Dik­gang Mo­se­ne­ke, adv. Ge­or­ge Bi­zos SC en reg­ter T­hem­ba Sang­o­ni – ver­ga­der oor hoe om sy goeie naam en re­pu­ta­sie te be­skerm.

Fo­to: JA­CO MA­RAIS

Graça Ma­chel Dins­dag op Man­de­la­dag in Kaap­stad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.