Selfs Bok­brei­er het in­ge­loer

Beeld - - Nuus - Fo­to’s: DEAAN VIVIER

Na­tuur­lik gaan Ne­la­nie le Roux een­dag saam met haar kê­rel, Ru­ben Bey­tell, toer wan­neer hy vir die S­pring­bok­ke speel.

“. . . want ek gaan met hom trou,” sê dié 16-ja­ri­ge met skit­ter­oë.

Ru­ben self het dan so ge­sê én hy het net­nou, toe hy sy eer­ste drie ge­druk het, spe­si­aal ge­draai na waar sy op die pa­vil­joen sit en voor al die Cra­ven­weekon­der­steu­ners en -spe­lers ’n hart­jie met sy han­de bo sy kop ge­maak.

Ru­ben, een van die Val­ke se ster­re op die o.18-Cra­ven­week­toer­nooi, het ge­reeld die ska­re by die St. S­ti­thi­an’s Col­le­ge in Jo­han­nes­burg op die pun­te van hul koue se­ment­sit­plek­ke op die pa­vil­joen ge­had.

Die on­der­steu­ners van die room van die land – en Na­mi­bië en Zim­bab­we – se sko­le­rug­by­spe­lers het Don­der­dag van hein­de en ver ge­kom.

Nog meer word van­dag ver­wag wan­neer die laas­te wed­stry­de tus­sen die bes­te span­ne ge­speel gaan word.

In die gees van Dok Da­nie Cra­ven, wat ge­meen het rug­by moet ook ge­niet word en ka­me­ra­de­rie bou, is daar nie ’n be­ker of ’n “wen­span” nie.

So is dit se­dert die Cravenweek in Ju­lie 1964 vir die eer­ste keer ge­hou is.

In teen­stel­ling met die kaal boom­vin­gers wat in die grou Ho­ë­veld­se lug strek, flap die groen ba­nier met die goue s­pring­bok op kort-kort soos ’n ka­non­skoot in die wind.

Dit word soms uit­ge­doof deur aan­moe­di­gings­kre­te wat ver eg­go.

Pier­re Lom­bard, ag­ter­lyn­af­rig­ter van die Val­ke se Plat­te­land­span, hard­loop na sy mo­tor.

“Een kind het sy trui ver­geet!” sê hy uit­a­sem.

“Ge­luk­kig speel al­mal, die plat­te­land­se, ste­de­li­ke en Cravenweek-span, in rooi truie,” sê hy ter­wyl hy in ’n sak na die reg­te nom­mer trui gra­we.

Na­by die rooi te­ken wat lees: “Co­ca Co­la Cravenweek #W­he­reHe­roesA­reMa­de”, sit Ne­la­nie saam met ’n groe­pie.

Jy kan hul­le nie mis nie. Hul­le hou ’n reus­ag­ti­ge swart ba­nier vol hart­jies in die lug: “Ru­ben Bey­tell Jy is ons man. As jy nie kan nie, wie kan dan?”

Ne­la­nie se sus­ter, Yoné, het ure lank pens en poot­jies op die eet­ka­mer­ta­fel ge­sit om dit te maak.

Twee gee me­kaar ’n broe­der­li­ke om­hel­sing voor­dat hul­le op­draf.

In ’n na­el­by­toom­blik s­pring ’n ma op – haar arm uit­ge­strek en vin­ger­wy­send na waar die pa­le is, ter­wyl sy be­veel: “Go! Go! Go!”

Ne­vil­le F­leurs leun oor die hei­ning, ag­ter­op sy OP-on­der­steu­ners­hemp staan ge­druk: “Be­st Sup­por­ter”.

Sy seun het reeds Don­der­dag­og­gend vir die OP-Plat­te­land­span uit­ge­draf, maar, as “vol­bloed OPon­der­steu­ner” moet hy nou mos ook vir die Cravenweek-span skree.

“Ons kom van Cra­dock daar in die Oos-Kaap af. Dis so warm hier in ver­ge­ly­king met ons weer, ek loop al die heel­week in ’n kort­broek,” sê F­leurs tus­sen­deur.

Sy oë bly te­rug­draai na die ak­sie op die veld.

Dit is sy seun, Ne­wal­do, se droom om een­dag vir die Bok­ke te speel.

Hy gaan vol­gen­de jaar aan Ma­ties stu­deer, aan die Var­si­ty­be­ker deel­neem en dalk sal die WP hom raak­sien, peins die pa.

Kyk, sê hy, die ge­hal­te spe­lers op die Cravenweek is “man­ji­fiek”.

Daar­om is hy ’n voor­stan­der van die toer­nooi, want dit gee ’n mens kans om die skills van oor die he­le land heen te sien.

“Ek glo ook nie hul­le push die kin­ders te vroeg nie.

Blou Bul­spe­lers draf Don­der­dag op die veld op die o.18­Cravenweek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.