Hoe steek jy dan nou jou trots weg as jy ’n toe­koms­ti­ge S­pring­bok da­te?

Beeld - - Nuus -

“Ek is Ru­ben se groot­ste fan,” terg sy na klein­sus se kant toe. Dié s­pring vu­rig op.

“Is nié! As jy dit sê, jok jy, want ék is!”

Hoe steek jy dan nou jou trots weg as jy ’n toe­koms­ti­ge S­pring­bok da­te?

Op die veld storm twee Val­ke ag­ter ’n G­rie­kwas-spe­ler aan, vat hom vas in ’n tan­de­klap-tek­kel.

Iro­nies is dit juis dié tyd dat ie­mand oor die luid­spre­ker aan­kon­dig: “Hier is ’n ver­lo­re mond­skerm by ons in­ge­gee, as ie­mand dit soek.”

’n Be­roe­ring breek op die pa­vil­joen uit on­der die man­ne van die G­rens Rug­by­u­nie.

Al­lis­ter Coet­zee, S­pring­bok­af­rig­ter, het kom oë wys – dalk om ’n bie­tjie te loer wat­ter ta­lent on­der die skool­seuns skuil.

Re­ga­lia N­ga­li­ma­ni is eer­ste by vir ’n fo­to, “want Al­lis­ter Coet­zee gaan mos een­dag my co­ach wees,” sê hy.

In­tus­sen maak die Bul­le reg om teen die Oos­te­li­ke Pro­vin­sie krag­te te meet.

Die fris jong man­ne se ha­re is vir nou nog net­jies as hul­le met knar­sen­de toks na­der stap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.