Sterf­tes toe G­riek­se ei­land skud

Beeld - - Nuus - – Reu­ters

Twee men­se is dood en min­stens 100 be­seer op die G­riek­se ei­land Kos na­dat ’n 6,7-sterk­te-aard­be­wing die ge­bied ge­tref het.

Oor­kant die E­ge­ïe­se See in Tur­kye is so­wat 70 men­se in die hos­pi­taal op­ge­neem vir be­se­rings wat hul­le op­ge­doen het in die aard­be­wing, wat om 01:31 plaas­li­ke tyd ge­beur het.

Dit is die twee­de aard­be­wing van­jaar met ’n sterk­te van meer as 6 wat die ge­bied ge­tref het.

G­riek­se o­wer­he­de het he­li­kop­ters ge­stuur om die be­seer­des van Kos na gro­ter ei­lan­de te vlieg.

Die ha­we in Kos is be­ska­dig en maak dit on­moont­lik vir bo­te om daar aan te doen. Die a­gent­skap vir aard­be­wings in Eu­ro­pa (EMSC) sê die aard­be­wing het ’n k­lein tsoe­na­mi ver­oor­saak.

Daar is ska­de aan ge­boue in Kos en de­le van die ei­land is oor­stroom.

Turk­se en G­riek­se o­wer­he­de re­ken eg­ter die aard­be­wing was tus­sen 6,3 en 6,4 sterk.

Nel­son Kg­we­te, woord­voer­der van die de­par­te­ment van in­ter­na­si­o­na­le be­trek­kin­ge en sa­me­wer­king, sê geen SuidA­fri­ka­ner is dood of be­seer in die aard­be­wing nie.

Fo­to: REU­TERS

Ska­de aan ge­boue op die G­riek­se ei­land Kos.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.