Vry­ge­wig­heid vra nie hoe­veel jy be­sit nie

Beeld - - Kommentaar -

Sag­ge­us, van wie ons in Luk. 19 lees, is een van die ryk­ste men­se wat ooit Je­sus se pad ge­kruis het. As ’n hoof­tol­le­naar was hy ’n mul­ti­mil­joe­nêr in van­dag se taal. Wan­neer Je­sus sy le­we aan­raak, on­der­neem hy spon­taan om vier­vou­dig reg te maak waar Sag­ge­us men­se gel­de­lik in­ge­loop het. Ook sê Sag­ge­us hy gaan van nou af 50% van sy be­sit­tings weg­gee.

In Luk. 3 lees ons van arm men­se wat Jo­han­nes die Do­per vra hoe hul­le God

GOEIE NUUS

moet dien. Dan hoor hul­le by hom as hul­le twee stel­le kle­re be­sit, moet hul­le een stel deel met men­se wat nog ar­mer as hul­le is. Dus moet hul­le ook 50% weg­gee. Die heel ryk­stes en die heel arm­stes hoor dus pre­sies die­self­de. Hul­le moet vry­ge­wig wees. ’n 50%-weg­gee­be­gin­sel is op hul ra­dar­skerms na­dat Je­sus hul le­we aan­ge­raak het.

Be­ge­na­dig­des klou nie aan hul be­sit­tings vas as­of dit is waar­oor die le­we gaan nie. Hul­le weet Je­sus het Hom­self aan ons al­mal ge­gee. Daar­om doen ons, Je­sus se dis­si­pels, die­self­de. Ons gee ons­self, ons tyd, ons be­sit­tings, ons le­we. Of ons dalk net ’n bie­tjie be­sit, of ’n bie­tjie meer of som­mer nog baie meer, ons al­mal se roe­ping is die­self­de. Ons moet vry­ge­wig wees. Of ons vry­ge­wig­heid ’n sny­tjie brood be­hels, of ’n kle­ding­stuk, of ’n ge­bed of ’n hand­vol geld, ons moet vol­tyd­se uit­de­lers van Je­sus se goed­heid wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.