Be­skans jou deur jou taal goed te be­heers

Beeld - - Kommentaar -

Die san­ger-ak­teur Bou­wer Bosch se me­di­a­pro­fiel het die laas­te paar we­ke die hoog­te in­ge­skiet.

Sy #Ver­soe­ning-vi­deo’s met P­hin­di­le Dhla­mi­ni en He­melBe­sem het Suid-A­fri­ka­ners be­hoor­lik aan die gons.

Daar is ’n groe­pie men­se wat op ’n in­tel­lek­tu­e­le vlak om­gaan met Bosch se i­ni­si­a­tief; ver­ge­lyk by­voor­beeld die dig­ter-joer­na­lis Da­nie Ma­rais se me­ning van 15 Ju­lie in Beeld.

Dan is daar die­ge­ne wat hom blin­de­lings steun met kom­men­taar soos: “Duuuuude. Dis AWESOME!!!”, en: “Dan­kie Bou­wer. Je­sus se werk is ver­soe­ning.”

En dan is daar S­te­ve Hof­meyr en sy vol­ge­lin­ge wat Bosch as ’n volks­ver­raai­er uit­kryt. Of soos Chris­ti de C­hat­ti­lon dit on­der­aan een van die vi­deo’s stel: Bosch is ’n “ar­me Jood­se skoot­hond­jie”, want “a­part­heid is die re­sul­taat van die Jo­de net soos mees­te sleg­te din­ge en nou moet ek jam­mer daar­oor sê. No way”.

’n Deel van dié kri­ti­ci hark dan ook graag Bosch se taal­ge­bruik na­der om hom as on­be­lang­rik af te maak. J.V.N. Lam­brechts skryf by­voor­beeld op Net­werk24: “Sy s­wak taal­ge­bruik ge­tuig al­ler­mins van re­spek vir sy volk.”

So ’n ar­gu­ment is ’n prag­voor­beeld van ’n ad vo­ce­m­aan­val.

Die taal­kun­di­ge G­re­t­chen M­cCul­loch het dié term in ’n on­lang­se Lingt­hu­si­asm-pod­sen­ding ge­skep om te ver­wys na die fe­no­meen waar ’n spre­ker se taal­ge­bruik eer­der as sy of haar ar­gu­ment in ’n de­bat ge­ta­kel word.

’n Be­ken­de so­fis­me (of drog­re­de) in die lo­gi­ka is die so­ge­naam­de ar­gu­men­tum ad ho­mi­nem: Die spre­ker se ka­rak­ter of mo­tie­we, eer­der as die ar­gu­ment, word aan­ge­val. Jy speel die man, nie die bal nie.

Van die kom­men­ta­tors op Bosch se vi­deo’s maak hom by­voor­beeld af as ’n s­wak san­ger of ak­teur en daar­om hou sy ar­gu­men­te nie vir hul­le steek nie.

Die ar­gu­men­tum ad vo­cem is ’n soort­ge­ly­ke drog­re­de: Ek hou nie van jou taal­ge­bruik nie en daar­om is jou ar­gu­men­te on­gel­dig.

Die teen­pool daar­van (John Loc­ke se ar­gu­men­tum ad ver­e­cun­di­am) is ewe so­fis­ties: Om­dat jy ’n be­lang­ri­ke per­soon is (ar­gu­men­tum pro ho­mi­ne) of om­dat jy iets in hoog­dra­wen­de, on­ver­staan­ba­re taal sê (ar­gu­men­tum pro vo­ce), móét jou ar­gu­ment waar wees.

Om­dat ek ’n paar La­tyn­se ter­me in hier­die ru­briek in­ge­klits (en selfs ge­skep) het, moet dít wat ek skryf waar wees . . .

As I.E. P­re­to­ri­us op Net­werk24 vra: “Wat het ge­word van wel ter ta­le wees? Hoe­kom meng ver­al A­fri­kaans­spre­ken­des hul taal so?”, kan ek nie help om tog heim­lik saam te stem nie.

Kyk, ek is nou die lááste ene om iets oor taal­ver­men­ging (’n soort dig­los­sie) te sê.

In in­for­me­le ge­sprek­ke met vrien­de is my taal ook maar deur­spek met En­gel­se stop­woor­de.

Te­o­re­ties is dit ’n na­tuur­li­ke ei­en­skap van in­for­me­le ge­spro­ke taal in ’n veel­ta­li­ge kon­teks.

Maar as jy ’n o­pen­ba­re fi­guur soos ’n san­ger, ak­teur of skry­wer is wat jou geld in en met A­fri­kaans ver­dien, is dit te veel ge­vra om ge­du­ren­de jou ver­sky­ning op o­pen­ba­re ver­hoë ten min­ste te pro­beer om be­ter ter ta­le te wees?

’n Wel­ge­plaas­te (of ge­glip­te) an­ders­ta­li­ge woord hier en daar be­hoort jou nie kwa­lik ge­neem te word nie – nie­mand praat in boe­ke­taal nie.

Maar be­skans jou­self teen ad ho­mi­nem- en ad vo­cem-aan­val­le deur ten min­ste jou taal goed te be­heers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.