Het ons Man­de­la se voor­beeld ver­geet?

Beeld - - Kommentaar - Me­di­kus, M­pu­ma­lan­ga

Om en by op Man­de­la­dag neem ’n ver­pleeg­ster haar be­wus­te­lo­se pa na die staats­hos­pi­taal in ons dorp.

Sy is in haar werk­u­ni­form van ’n p­ri­va­te hos­pi­taal, ook in ons dorp.

Haar ver­soek aan die per­so­neel om haar te help om haar pa uit die mo­tor te laai, word be­groet met: “You ha­ve to do­wn­gra­de now, this is not the p­ri­va­te”. Haar ant­woord? “It is not the in­sti­tu­ti­on that s­ta­te the pla­ce, but the pe­op­le”.

Wa­re woor­de.

Ek het haar aan­ge­raai om ’n klag by die hos­pi­taal­be­stuur in te dien of koe­ran­te toe te gaan, maar sy is te bang.

Te bang vir die moont­li­ke ge­vol­ge. Haar pa het net een nier en het di­a­li­se no­dig.

Sy is bang hier­die le­wens­nood­saak­li­ke be­han­de­ling word ge­staak as sy kla.

Dit is die hui­di­ge sto­rie in ons hos­pi­ta­le en in ons land. Ons vier Man­de­la­dag. P­res. Ja­cob Zu­ma was ven­sters met ’n he­le en­toura­ge en die no­di­ge me­di­a­dek­king.

Ad­ver­ten­sies met mo­ti­ve­ren­de woor­de van Nel­son Man­de­la word by her­ha­ling uit­ge­saai.

Al wat ’n be­ken­de is, ver­skyn op TV-nuus om te wys hoe hul­le Man­de­la se na­la­ten­skap eer.

Tot die vol­gen­de dag. En die vol­gen­de en die vol­gen­de . . .

Dr. Aa­ron Mot­so­a­le­di, mi­nis­ter van ge­sond­heid, wil staats­hos­pi­ta­le om­skep om deel te word van sy plan met die Na­si­o­na­le Ge­sond­heids­ver­se­ke­ring met ge­ly­ke ge­sond­heid­sorg vir al­mal.

Hoe gaan ons dit doen as ons nie eens ba­sie­se mens­waar­dig­heid kan re­spek­teer nie?

Hoe gaan ons dit doen as al die fi­nan­sies wat die af­ge­lo­pe jaar be­stee is aan ’n aan­voor­pro­jek in se­ke­re hos­pi­ta­le nie ’n duit ver­skil ge­maak het nie?

Man­de­la het 27 jaar in die tronk deur­ge­bring om te ba­klei vir mens­waar­dig­heid en ge­ly­ke reg­te vir al­mal. Hy was die spre­ken­de en mo­ti­ve­ren­de toon­beeld van daad by die woord voeg.

Het ons so gou ver­geet?

Pa­si­ën­te in ’n staats­hos­pi­taal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.