Die kos op jou bord kan jou siek maak

Fa­brieks­boer­de­ry is die wreed­ste vorm van kos­pro­duk­sie. Dis w­reed teen­oor die mil­jar­de die­re in pro­duk­sie en on­eer­lik teen­oor men­se, wat on­der die in­druk ge­bring word dat dié die­re se kos voed­saam is. E­li­se Tem­pel­hoff het ge­sels met P­hi­lip Lum­be­ry, ’n ka

Beeld - - By -

Vet­sug, kan­ker, an­ti­bi­o­ti­ka-weer­stan­dig­heid en su­per­kie­me (soos vo­ëlen vark­griep) is net ’n paar van die ge­vol­ge van hier­die be­dryf wat sy ver­nie­ti­gen­de kloue die af­ge­lo­pe 50 jaar in die aar­de se grond in­ge­slaan het.

Selfs die see- en wild­le­we, soos Suid-A­fri­ka se eie ge­lief­de bril­pik­ke­wyn (Sp­he­nis­cus de­mer­sus), word deur uit­wis­sing in die ge­sig ge­staar ter­wyl die be­dryf groei en “baie geld” vir ’n paar men­se in die sak bring.

Aan die woord is die 51-ja­ri­ge P­hi­lip Lum­be­ry, uit­voe­ren­de hoof van die nie­re­ge­rings­or­ga­ni­sa­sie Com­pas­si­on in Wor­ld Far­ming.

Dié B­rit is op ’n kruis­vaart om toe te sien dat al­le fa­brieks­pla­se in sy leef­tyd sluit.

Fa­brieks­pla­se word ge­de­fi­ni­eer as pla­se waar­op ’n groot aan­tal die­re soos hoen­ders, var­ke en koeie bin­nens­huis ge­teel en aan­ge­hou word om mak­si­maal te pro­du­seer teen mi­ni­ma­le kos­te.

Lum­be­ry sê hy het dalk nog 30 jaar oor om te leef, “maar dit is heel­te­mal te lank om te wag om slag­die­re en lê­hen­ne uit die aak­li­ge om­stan­dig­he­de te red”.

Sy don­ker­bruin oë blits en sy han­de praat saam. “Ons is die laas­te ge­slag wat ’n kans het om ’n leef­ba­re pla­neet aan die vol­gen­de ge­slag te oor­han­dig.”

Ons ont­moet by Fresh Earth, ’n re­stau­rant weg­ge­steek in een van die ag­ter­straat­jies van Em­ma­ren­tia in Jo­han­nes­burg.

Voor my sit ’n man in ’n don­ker­blou pak kle­re, ’n lig­blou hemp en ’n ge­streep­te das.

“Is jy ’n ak­ti­vis?” is my eer­ste vraag aan hom.

“Ja,” ant­woord hy on­om­won­de. “Ek wil fa­brieks­pla­se laat sluit en die­re weer in die veld kry.” Hy lag.

“Ek is ’n pro­fes­si­o­ne­le mens. Ek dra al­tyd ’n baad­jie en ’n das. Dis be­lang­rik, want dan neem men­se jou bood­skap erns­tig op.”

Die­re word pro­duk­sie­ma­sjie­ne

Lum­be­ry was met ons on­der­houd op ’n be­soek van twee we­ke aan Suid-A­fri­ka om sy nuut­ste boek, De­ad Zo­ne, be­kend te stel.

Die boek is ’n op­volg op die eer­ste uit sy pen: Far­ma­ged­don.

In sy eer­ste boek be­skryf hy breed­voe­rig hoe die­re – hoen­ders, bees­te en var­ke – “op ’n dag in die 1960’s” van die wei­veld na fa­brie­ke ge­skuif is. Dít was die be­gin van fa­brieks­pla­se.

“In hier­die fa­brie­ke word die­re le­wen­di­ge pro­duk­sie­ma­sjie­ne. Hul­le in­ge­hok en kan skaars be­weeg. Hul­le sien nooit die son nie, a­sem nooit vars lug in nie en staan of lê in hul eie mis en u­ri­ne en wag hul le­we lank op die dag dat hul­le ge­slag word.

“Var­ke, kal­wers (vir daar­die ‘heer­li­ke schnit­zel’) en hoen­ders word in staal­hok­ke aan­ge­hou. Hul­le word met an­ti­bi­o­ti­ka in­ge­spuit om siek­tes te voor­kom. Hul­le word vol hor­mo­ne ge­pomp om hul­le so gou as moont­lik vet te maak so­dat hul­le ge­slag kan word. By melk­bees­te moet die hor­mo­ne help om melk­pro­duk­sie te ver­hoog.”

Fa­brieks­die­re se kos is nie na­tuur­li­ke gras of sa­de nie, maar graan­pro­duk­te, ko­ring, so­ja en mie­lies. Vir die aan­plan­tings van hier­die ge­was­se word mil­joe­ne hek­taar wil­der­nis in mo­no­kul­tu­re om­ge­skep.

In die af­ge­lo­pe 40 jaar is 500 mil­joen hek­taar wil­der­nis­ge­bied wê­reld­wyd met so­ja, mie­lies en graan­pro­duk­te be­plant.

Fa­briek­pla­se en om­ge­wing

In De­ad Zo­ne trek hy die ver­band tus­sen fa­brieks­pla­se en die im­pak wat dit op die na­tuur­li­ke om­ge­wing en die wel­stand van die mens het.

Vir die boek het hy vas­te­lan­de deur­kruis en eer­ste­hands ge­sien hoe die “hoe nood­saak­li­ke ska­kels in die kom­plek­se web van die le­we” die af­ge­lo­pe vyf de­ka­des ver­dwyn het en af­ge­ta­kel word.

Lum­be­ry ver­tel fa­brieks­boer­de­ry dra by tot grond­ver­gry­pe, ha­bi­tat­ver­nie­ti­ging en die ge­volg­li­ke uit­sterf van wil­de die­re: o­li­fan­te, go­ril­las, o­rang­oe­tangs en pik­ke­wy­ne.

“Dit is maar net en­ke­le van die cha­ris­ma­tie­se spe­sies wat voor ons oë van die aard­bol af ver­dwyn. Dan praat ek nie eens van bye en vlin­ders wat uit­sterf weens die ge­bruik van gli­fo­saat en an­der in­sek- en on­kruid­do­ders waar­mee mo­no­kul­tu­re be­spuit word nie.”

Com­pas­si­on in Wor­ld Far­ming is deur sy oor­le­de skoon­pa, Pe­ter Ro­berts, be­gin. Ro­berts was ’n kon­ven­si­o­ne­le melk­boer in die vroeë 1960’s. Hy het toe “met af­gry­se” toe­ge­kyk hoe fa­brieks­pla­se o­ral op die Britse plat­te­land op­spring en die­re van die wei­veld ver­dwyn.

“Hy het in op­stand ge­kom hier­oor. Hy was die ou wat met plak­ka­te ge­pro­tes­teer het teen bat­te­ry­hoen­ders en melk­bees­te wat fa­brieks­die­re ge­word het.

“Gaan­de­weg het men­se sy bood­skap be­gryp en hom on­der­steun. Die steun het ge­groei tot ’n krag­ti­ge wê­reld­wye be­we­ging. Van­dag het die or­ga­ni­sa­sie meer as een mil­joen on­der­steu­ners.”

Lym­be­ry het in 1991 die lei­sels oor­ge­neem.

Sy be­na­de­ring is an­ders as dié van sy skoon­pa. Hy swaai nie plak­ka­te nie, maar praat met die uit­voe­ren­de hoof­de van groot maat­skap­pye en pro­beer hul kop­pe draai om hul pro­du­sen­te reg te kies.

Kyk na kos op jou bord

Hy is tans in ge­sprek met 800 kos­maat­skap­pye. “Ons help die groot­ba­se van krui­de­niers­win­kels om pro­duk­te aan te skaf wat van pla­se kom waar die­re vry rond­loop.”

Hy en sy vrou, He­len, is al­bei ve­ge­ta­ri­ërs, maar hul­le be­sef men­se sal al­tyd vleis eet.

Lum­be­ry se doel­wit is dus nie om men­se van vleis te laat af­sien nie, maar om hul­le daar­van be­wus te maak dat hul­le ’n ver­band moet trek tus­sen dit wat op hul bord is en hóé en wáár dit ge­pro­du­seer is.

Hy was vroe­ër ja­re ak­tief be­trok­ke by die ver­vaar­di­ging van vi­deo’s wat met ver­steek­te ka­me­ras op die fa­brieks­pla­se ge­maak is.

Van­dag het die or­ga­ni­sa­sie 100 werk­ne­mers wat in 12 lan­de (ook in Suid-A­fri­ka) werk. Hul­le maak steeds vi­deo’s van wreed­he­de in die be­dryf.

Die­re het ge­voe­lens, sê hy. Hul­le kan pyn, angs, vreug­de en frus­tra­sie er­vaar.

Die­re in fa­brie­ke is ui­ters ge­frus­treerd en bang en val me­kaar dik­wels aan.

Om be­se­rings te voor­kom, word braai­kui­kens se bek­ke af­ge­sny en hul toon­na­els ge­knip. Var­ke se tan­de word ge­trek om te voor­kom dat hul­le me­kaar byt. Dít ge­beur son­der pyn­do­ders. Hy het dit self op vi­deo’s ge­sien.

“Ons glo el­ke mens op aar­de het die reg om toe­gang te kry tot ge­son­de kos son­der dat wreed­heid deel is van die pro­duk­sie daar­van en son­der dat dit die pla­neet be­na­deel.”

Vis­be­dryf be­dreig bril­pik­ke­wyn

Ter­wyl Lum­be­ry na­vor­sing ge­doen het vir De­ad Zo­ne, het hy ook die Wes- en Suid-Kaap be­soek. Die bril­pik­ke­wyn het on­der sy vel in­ge­kruip.

Hier het hy ge­sien hoe die bril­pik­ke­wyn suk­kel om te oor­leef en let­ter­lik van die hon­ger om­kom. Hy het ’n deeg­li­ke stu­die van dié spe­sie ge­doen.

Lum­be­ry ver­tel bril­pik­ke­wy­ne, een van die 18 pik­ke­wyn­spe­sies in die wê­reld, woon al 60 mil­joen jaar op die sui­de­li­ke deel van die aard­bol. ’n Eeu ge­le­de was daar aan die Wes- en Suid­kus van Suid-A­fri­ka tus­sen 3 mil­joen en 4 mil­joen bril­pik­ke­wy­ne. Hul­le het baie aan­slae, waar­on­der o­lie­be­soe­de­ling en ha­bi­tat­ver­nie­ti­ging, oor­leef.

Daar is van­dag eg­ter net

50 000 bril­pik­ke­wy­ne oor.

Hoe bring hy die hon­ger­snood on­der bril­pik­ke­wy­ne met fa­brieks­pla­se in ver­band?

Sy ant­woord is kort en krag­tig: “Die kom­mer­si­ë­le vis­be­dryf. Hier­die be­dryf tei­ken nou die bril­pik­ke­wyn se voed­sel­bron: an­jo­vis, sar­diens en rooi-o­gies. Die mas­sie­we vis­trei­lers om Kaap­stad, die Wes­kus en die Suid-Kaap sleep nie die o­se­aan met hul reu­se-vis­net­te leeg met die doel om men­se te voed nie.

“Dié k­lein vis­sies, waar­van die pik­ke­wy­ne af­hank­lik is vir hul oor­le­wing, word fyn­ge­maal tot vis­meel. Die vis­meel be­land op staal­trôe waar­uit fa­brieks­die­re ge­dwing word om te vreet.”

Tot 400 000 ton k­lein vis­sies word jaar­liks uit die see om die Kaap­se kus ge­trek.

Sleep­net­te het ’n ver­nie­ti­gen­de ge­volg vir die o­se­aan: dooie so­nes. Van­daar die ti­tel van sy boek.

Dit b­rei vin­nig uit in SA

Ter­wyl Com­pas­si­on in Wor­ld Far­ming reeds ver­skeie veld­slae in Eu­ro­pa en A­me­ri­ka ge­wen het, s­pring fa­brieks­pla­se nou soos pad­da­stoe­le in Suid-A­fri­ka op.

“Suid-A­fri­ka se land­bou­prak­ty­ke het ver­al in die laas­te 15 jaar ra­di­kaal ver­an­der.

“Hier is baie werk om nou te doen. In Suid-A­fri­ka het Com­pas­si­on in Wor­ld Far­ming net een of twee ver­teen­woor­di­gers.”

Maar ge­wo­ne Suid-A­fri­ka­ners het die mag om te help om hier­die be­dryf in sy voet­spo­re te stuit. Hul­le kan keu­ses maak en hul­le het die koop­krag.

In Suid-A­fri­ka is daar be­ken­de ket­ting­win­kels wat hoë mo­re­le stan­daar­de hand­haaf en hul pro­duk­te by pro­du­sen­te koop wat barm­har­tig­heid teen­oor die­re be­toon, sê hy.

Raak hy ooit moe­de­loos, oor­wel­dig en neer­slag­tig?

“Ja, baie keer. Maar ek weet dat Com­pas­si­on in Wor­ld Far­ming en al ons on­der­steu­ners wat help om be­wust­heid te kweek el­ke dag ’n ver­skil in mil­joe­ne die­re se le­we maak. Dit hou my aan die gang.”

Die vrien­de­li­ke B­rit groet. Hy is haas­tig, want daar is baie werk.

E­li­se Tem­pel­hoff is Beeld se om­ge­wings­ver­slag­ge­wer.

Fo­to: GETTY

’n Fa­brieks­plaas waar hoen­ders styf teen me­kaar in­ge­prop is.

Fo­to: WIKUS DE WET

P­hi­lip Lum­be­ry, wat in Suid­A­fri­ka is om sy boek De­ad Zo­nes be­kend te stel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.