Pla­se ‘w­reed en on­no­dig’

Beeld - - By -

Die Britse Gu­ar­di­an het Dins­dag ná ’n on­der­soek saam met die bu­ro van on­der­soe­ken­de joer­na­lis­tiek be­rig dat so­wat 800 me­g­a­fa­brieks­pla­se in B­rit­tan­je be­dryf word.

Die toe­na­me in me­g­a­fa­brieks­pla­se, wat deur kri­ti­ci as “w­reed en on­no­dig” be­stem­pel word, is deel van ’n toe­na­me van 26% die af­ge­lo­pe ses jaar in in­ten­sie­we boer­de­ry in die land, be­rig die koe­rant.

Teen­stan­ders van fa­brieks­pla­se voer aan dat men­se wat na­by die pla­se woon, be­kom­merd is oor reu­ke, la­waai, die moont­lik­heid van be­soe­de­ling en die uit­breek van siek­tes. Daar is ook kom­mer om­dat die die­re nooit of sel­de bui­te kom. Fa­brieks­pla­se kan daar­toe lei dat klein­boe­re tot niet gaan en dat die Britse plat­te­land deur groot land­bou­on­der­ne­mings ge­trans­for­meer word.

Voor­stan­ders sê dié pla­se het e­ko­no­mie van skaal en doel­tref­fen­de ge­sond­heid­sorg vir die­re wat tot goed­ko­per kos lei.

Ri­chard G­rif­fit­hs, uit­voe­ren­de hoof van die Britse pluim­veer­aad, sê hoen­ders van fa­brieks­pla­se is van goeie ge­hal­te. “Ver­le­de jaar het ons am­per 1 mil­jard hoen­ders ge­pro­du­seer; 95% bin­nens­huis en 3,4% vry­lo­pend en 1% or­ga­nies. As ons sou pro­beer het om 1 mil­jard hoen­ders or­ga­nies groot te maak, sou dit baie grond verg. Dit word deur aan­vraag ge­dryf. Ek dink nie daar gaan ’n ver­an­de­ring wees as ver­brui­kers se aan­vraag nie ver­an­der nie. Tans is die aan­vraag (vir vry­lo­pen­de en or­ga­nie­se hoen­ders) nie daar nie.”

Nor­man Lamb, LP van die Li­be­ra­le De­mo­kra­te, sê dis mak­lik om die pro­du­sen­te te ver­oor­deel, maar die mees­te men­se eet vleis. “Ons moet ’n na­si­o­na­le de­bat hê of ons die me­to­des kan reg­ver­dig om vleis te voor­sien. Ek kan kies tus­sen or­ga­nie­se vleis en goed­koop vleis, maar men­se met ’n k­lein in­kom­ste kan suk­kel om daar­die keu­se ... te maak.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.