Nog baie om weg te ry

Beeld - - By - Skets: HAN­LIE MA­LAN

Joy­ce werk die af­ge­lo­pe drie jaar by men­se in Park­view, Jo­han­nes­burg. Park­view is die spreek­woor­de­li­ke le­a­fy suburb – ver­al in ver­ge­ly­king met die plek wat hul­le by men­se in So­we­to huur.

Joy­ce en haar man, Ce­bo, se eint­li­ke huis is ’n klip­gooi van Nel­son Man­de­la se Qu­nu in die Oos-Kaap, maar hul­le woon en werk in die Goud­stad – vir be­ter ge­leent­he­de vir hul­le en hul kin­ders.

El­ke jaar De­sem­ber pak hul­le die lang­pad Oos-Kaap toe aan met kom­ber­se, kos en ge­sken­ke om vir drie we­ke in hul hart­land te wees en el­ke jaar kom hul­le – deur God se ge­na­de al­leen – weer vei­lig te­rug met die oor­nag­bus.

Joy­ce ge­bruik al lank­al nie meer haar X­hosa­naam, Buhle, nie se­dert sy haar hart vir die He­re ge­gee het. Sy is toe eint­lik na “Re­joi­ce” her­doop, maar dit het la­ter Joy­ce ge­word.

Ce­bo is ’n vei­lig­heids­wag en Joy­ce doen ’n kom­bi­na­sie van huis­werk en kin­ders op­pas vir ’n wer­ken­de A­fri­kaan­se paar­tjie. Dié werk het sy ge­kry deur by ’n a­gent­skap te re­gis­treer wat op sy beurt vir bloot­stel­ling, on­der­hou­de en pla­sings sorg.

Ná twee on­der­hou­de met haar voor­ne­men­de werk­ge­wers was hul­le te­vre­de dat sy per­fek is vir hul be­hoef­tes: sy het vo­ri­ge on­der­vin­ding van kin­ders op­pas; sy het ’n me­die­se kur­sus ag­ter die blad; en sy kan kos maak en die kin­ders ná s­kool deur hul pas­sies neem.

Maar sy ver­moed die deur­slag­ge­wen­de ding was dat sy in haar laat 40’s is en self klaar is met kin­ders. Haar oud­ste is am­per klaar met s­kool en die jong­ste goed op pad. Sy het hoop vir haar mei­sie­kind, sy’s ’n slim­kop, maar sy’s nie al­tyd se­ker wat haar oud­ste, haar “mooi jong man”, by die s­kool ge­leer het nie . . .

Joy­ce hou van die men­se by wie sy werk. In die drie jaar saam met hul­le was daar nog nooit werk­lik e­ni­ge is­su­es nie. Ke­re wan­neer die man al moe­rig ge­raak het, is wan­neer sy weens bus- en tax­is­ta­kings sog­gens laat vir werk was.

Maar dan, wan­neer sy per ge­leent­heid al la­ter as ge­woon­lik moes werk, het die man haar huis toe in So­we­to ín ge­neem en ’n iet­sie ek­stra ge­gee vir haar moei­te.

So, van­dag, sit sy hier in hier­die men­se se huis. En sy weet nie wat om te doen nie.

Die kin­ders, gr. 1 en gr. 3, is nog by die s­kool en sy was be­sig om stel­sel­ma­tig deur die huis te werk met ’n be­hoor­li­ke skoon­maak.

Na­dat die skot­tel­goed ge­was en die was­goed uit­ge­sor­teer was, het sy die vloe­re ge­pak en toe, am­per uit ver­ve­ling, be­sluit – so half teen haar be­ter­we­te in, want sy’t ge­leer om nie in men­se se goed te krap nie – om ’n paar kas­te reg te pak.

Teen dié tyd weet sy om die man en vrou se in­stap­kas uit te los, want dis ’n per­soon­li­ke ruim­te waar die lot sog­gens al­tyd in ’n dol­le ge­jaag reg­maak vir werk.

Maar die kin­ders se kas­te het ’n reg­pak no­dig ge­had en haar han­de jeuk al lank vir ’n kas in ’n spaar­ka­mer waar nie­mand in die huis eint­lik kom nie.

En hier sit sy nou. Op die vloer.

Haar be­ne het so half on­der haar in­ge­gee toe sy die deur oop­maak.

Voor haar, op hout­han­gers, hang daar weer­mag­u­ni­forms. Heel links ’n net­jie­se baad­jie wat hul­le step outs ge­noem het met drie blink ster­re­tjies op el­ke skou­er en net langs dit twee pa­re vel­d­u­ni­forms, bro­wns . . .

En toe sien sy die k­lein jak­kal­sem­bleem wat haar in ’n oog­wink te­rug­voer na ’n ANC­kamp, ’n Umk­hon­to (weSi­z­we)kamp.

’n Plek waar sy in die 1980’s die hoe en wat van die vy­and ge­leer is, maar ook die plek waar sy aan din­ge bloot­ge­stel is waar­aan geen vrou bloot­ge­stel be­hoort te word nie.

Maar dis ook die plek wat deur die vy­and bin­ne­ge­val is en waar sy dae lank aan­ge­hou en on­der­vra is . . .

En nou sit sy hier, in hier­die woon­buurt met sy groot hui­se, blou swem­bad­dens en hoë, wit mu­re, hier sit sy en pas “die vy­and” se kin­ders op.

Hoe het sy tot hier ge­kom?

In ’n nu­we, vry Suid-A­fri­ka, Man­de­la se be­lof­te, is sy steeds ’n kin­der­op­pas­ser en skoon­ma­ker en hier is sy be­sig om “die vy­and” se kin­ders groot te maak.

Joy­ce het die kas­deur ver­sig­tig toe­ge­trek. Toe die trap­pe af­ge­loop om te gaan kyk waar­oor die hon­de so op hol is.

In die straat sien sy hoe die man­ne van Pi­ki­tup al flui­tend die w­heelie bins be­werk.

Dis soos dit is, dink sy: Ons het nog baie ge­mors om weg te ry.

En toe be­gin sy met die kin­ders se mid­dag­e­te.

Prins is Beeld se boe­ke­re­dak­teur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.