Krag kos duur­der: Hou so jou kos­te in toom

Beeld - - Sake - Han­lie S­tad­ler

Mu­ni­si­pa­le krag­ta­rie­we het pas ge­styg en dié van ons wat koop­krag ge­bruik, het reeds be­gin gal braak oor hoe­veel meer ons moet be­taal vir die­self­de krag.

’n Mens kan mak­lik met ’n paar k­lein ver­stel­lings jou be­ste­ding aan krag ver­min­der. Vir groot be­spa­rings moet ’n mens eg­ter on­ge­luk­kig soms ka­pi­taal­be­ste­ding doen, soos om son­krag te in­stal­leer.

Oor­weeg dié wen­ke:

■ Mo­ni­tor jou huis se krag­ver­bruik:

Pro­beer ho­lis­ties na jou ge­sin se krag­ver­bruik kyk. As jy ’n voor­af­be­taal­de me­ter het, is dit mak­lik om te kyk wat­ter tye van die dag meer krag ge­bruik word of hoe­veel el­ke toe­stel ge­bruik. Stel vas wat jou “krag­vre­ters” is en fo­kus jou spaar­plan­ne daar­op.

■ S­ka­kel jou gei­ser af: Die groot­ste bron van krag­ver­bruik in ’n huis­hou­ding is ge­woon­lik die gei­ser. Oor­weeg ’n tyd­ska­ke­laar wat dit se­ke­re tye van die dag af­ska­kel en dit dan aan­ska­kel ’n paar uur voor bad- en stort­tyd saans. (As jy ’n her­in­ne­ring op jou foon op­stel, hoef jy na­tuur­lik niks geld te be­stee om dit te doen nie, maar ie­mand gaan kwaad wees vir jou as jy een­dag ver­geet . . .)

S­ka­kel jou gei­ser heel­te­mal af as jy vir die na­week of met va­kan­sie weg­gaan.

■ Ver­laag die tem­pe­ra­tuur: Jy kan heel­te­mal warm ge­noeg s­tort en bad as die gei­ser op min­der as 55 °C ge­stel is. Som­mi­ge gei­sers is op 65 °C of selfs ho­ër ge­stel – heel­te­mal on­no­dig!

■ Oor­weeg son­krag: As jy be­reid is om ’n groot aan­vank­li­ke be­leg­ging te doen, kan jy be­trek­lik on­af­hank­lik raak van E­s­kom deur son­krag­pa­ne­le en selfs ’n rug­steun-bat­ter­y­stel­sel te in­stal­leer. Jy sal kun­di­ge ad­vies moet kry oor of jou dak daar­voor ge­skik is. Dit moet groot ge­noeg wees en ge­noeg son kry.

Jy sal ook maar die som­me moet doen. Daar is men­se wat be­weer dat jy jou krag­re­ke­ning kan hal­veer of méér met son­krag; dit is bes moont­lik oor­op­ti­mis­ties en 20% tot 40% is dalk meer re­a­lis­ties.

■ I­so­leer jou dak: As jy kan ver­se­ker dat hit­te ont­snap en in die so­mer dat te veel hit­te deur­dring, kan jy op die kos­te van ver­hit­ting of lug­re­ë­ling be­spaar. Ver­seel som­mer al jou deu­re en ven­sters ook.

■ S­ka­kel die swem­bad­pomp kor­ter aan: Vol­gens Po­wer­ti­me is ses uur per dag in die so­mer ge­noeg. Die Kaap­stad-me­tro sê twee tot drie uur per dag is ge­noeg in die win­ter.

■ Kies LED­ of e­ner­gie­be­spa­ren­de gloei­lam­pe: Ver­vang jou gloei­lam­pe wan­neer hul­le blaas deur LED- of e­ner­gie­be­spa­ren­de lam­pe. Ek het al ’n blou­tjie ge­loop hier­mee – e­ner­gie­be­spa­ren­de lam­pe is mak­lik vier keer duur­der as ge­wo­ne gloei­lam­pe en nee, hul­le hou nié 15 tot 20 jaar soos be­lo­we word nie! Daar­by is die lig wat dié gloei­lam­pe gee, on­be­vre­di­gend vir men­se wat op re­ke­naars werk of fyn naald­werk of kuns doen. Dit ge­bruik wel tot 90% min­der e­lek­tri­si­teit.

■ S­ka­kel af: Dis ’n een­vou­di­ge wenk, maar een wat ons se­ker die mees­te ver­geet. S­ka­kel lig­te en an­der toe­stel­le af as jy ’n ver­trek ver­laat.

S­ka­kel e­lek­tro­nie­se toe­stel­le by die muur af – die by­stand­mo­dus ge­bruik ook ’n k­lein bie­tjie e­ner­gie en die trans­for­ma­tor van e­ni­ge sel­foon- of re­ke­naar­laai­er.

■ Wag tot­dat dit vol is: Wag tot­dat jy ’n vol vrag was­goed of skot­tel­goed het voor­dat jy die was­ma­sjien of skot­tel­goed­was­ser aan­ska­kel. Dit be­te­ken uit­ein­de­lik

was jy dalk ’n bon­del of twee min­der el­ke week.

Moe­nie jou was­ma­sjien stel om wa­ter te ver­hit nie – dis nie no­dig nie.

■ Stel jou ys­kas ef­fens war­mer:

Jou ys­kas hoef sel­de op 1 °C of 2 °C te wees – stel dit ge­rus ef­fens ho­ër (tot 5 °C).

■ Ge­bruik min­der warm wa­ter:

S­tort kor­ter (2 mi­nu­te!) of in­stal­leer ’n e­ner­gie­be­spa­ren­de stort­kop – jy spaar wa­ter én krag.

Moe­nie skot­tel­goed on­der lo­pen­de warm wa­ter was nie.

■ Gee gas! ’n Gas­ver­war­mer is baie meer e­ko­no­mies as ’n e­lek­trie­se ver­war­mer. E­wen­eens kan jy baie be­spaar as jy ’n gas­stoof

het, of dalk net se­ke­re goed wat lank kook, op ’n k­lein gas­sto­fie gaar­maak.

■ Lug­droog jou was­goed: Nog ’n krag­mon­ster in e­ni­ge huis­hou­ding is die tui­mel­dro­ër. Pro­beer waar moont­lik was­goed in die son laat droog word.

Skep in die re­ën­sei­soen ’n bin­nens­hui­se ruim­te om was­goed te droog.

Ge­bruik die tui­mel­dro­ër net vir vyf mi­nu­te en laat die was­goed dan ver­der self droog­word (die hit­te sal help dat dit vin­ni­ger droog­word. Of laat was­goed maar hang en maak dit net heel­te­mal droog in die tui­mel­dro­ër.

■ Hou jou ys­kas vol: As dit nie vol kos is nie, vul dit met bot­tels wa­ter. Dit keer dat daar nie so baie oop lug is nie. Hoe vol­ler die ys­kas, hoe gou­er be­reik dit die ver­lang­de tem­pe­ra­tuur.

■ Moe­nie die oond voor­af ver­hit nie: As jy vleis of groen­te wil bak, is dit nie no­dig dat die oond op pre­sies die reg­te tem­pe­ra­tuur is voor­dat jy die kos in die oond sit nie.

Jy kan heel­wat kook­tyd spaar deur die vleis in te sit so­dra jy die oond aan­ska­kel; jy kan die oond ook tot 15 mi­nu­te voor die ein­de van die ver­lang­de bak­tyd af­ska­kel – dit sal aan­hou gaar word tot­dat die oond koel is.

Met koek en brood bak is die prent­jie ’n bie­tjie an­ders en is dit be­ter om te wag tot­dat die reg­te tem­pe­ra­tuur be­reik is.

■ By­ko­men­de bron­ne: Po­wer­ti­me, Stad Kaap­stad

Fo­to: ISTOCK

Comments

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.