Sit rus­tig hier en wild kyk

Beeld - - Leefstyl - Jens Friis REIS SAAM MET JENS Vra ge­rus S­tuur jou reis­vrae aan: jens.friis@me­dia24.com

VRAAG:

Dan­kie vir die reis­raad oor die Kru­ger­wild­tuin in jou vo­ri­ge ru­briek. Dit bly ’n ge­wil­de plek waar­heen baie van ons graag gaan. My pro­bleem is: As ons in die wild­tuin kom, jaag my man soos ’n be­se­te­ne rond, voort­du­rend op soek na die­re. Ek sal eer­der net rus­tig ie­wers wil sit en die­re kyk. Kan jy dalk ’n lys saam­stel van sul­ke plek­ke? As ek dit vir hom wys, kry ek dalk meer rus in die wild­tuin! – Mev. K, Bry­an­ston

ANT­WOORD:

Min­der is meer, het die ar­gi­tek Lud­wig Mies van der Ro­he ge­glo en dit is dik­wels ook waar as ’n mens reis. Die Kru­ger­wild­tuin is be­trek­lik plat en die uit­kyk­pun­te van waar jy ’n vo­ël­blik het, is skraps vir die groot­te van dié park. Soos uit die on­der­staan­de voor­stel­le blyk, is daar eg­ter heel­wat plek­ke waar jy rus­tig kan sit en heel­wat sien – en dit is nie net by dam­me nie. Dit sluit ook on­der meer ’n piek­niek­plek, re­stau­rant en oor­nag­skuil­plek­ke in.

■ Piek­niek­plek, Sa­ta­ra: N’wanet­si is my guns­te­ling­uit­kyk­punt. Jy kan hier koel­drank koop, maar wors en ei­ers moet jy aan­skaf in Sa­ta­ra, 25 km ver. Stap ná ont­byt die ent­jie uit na die nog ho­ër uit­kyk­punt. Daar is iets ma­gies aan. Die bos se daag­lik­se rit­me speel hom daar doer on­der voor jou af – dig­by die g­rens met Mo­sam­biek. Die S100-grond­pad, een van die bes­te wil­droe­tes, lei hier­heen. Die pad te­rug is ge­teer.

■ S­kuil­hut, S­ku­ku­za: ’n S­tand­hou­den­de fon­tein help om La­ke Pa­nic te voed – ’n klip­gooi van die gholf­baan langs die Kru­ger se groot­ste kamp. Ek was nooit be­wus van dié s­kuil­hut nie – waar­skyn­lik om­dat daar so­veel goed by S­ku­ku­za is dat daar nie ge­noeg plek op die kaar­te is om dit aan te dui nie. En­ke­le we­ke ge­le­de was dit eg­ter dié vonds van ’n kui­er in die park. Dit is i­de­aal vir vo­ël­kyk. As jy hier­van hou, sal die Pi­o­neer-s­kuil­hut by Mo­pa­ni ook by jou aan­klank vind.

■ Brug, Pa­fu­ri: Die Lu­vu­vhu­ri­vier vloei deur een van die mees af­ge­leë de­le van die wild­tuin. Jy ry hier­oor van die Pa­fu­ri­hek na Pun­da Ma­ria. Dit is een van en­ke­le brûe waar jy wel mag uit­klim. Dis ’n voor­reg, want op die wal­le van dié ri­vier na­by die g­rens met Zim­bab­we is die bo­me dig en die wild­le­we ryk.

■ Kamp, O­li­fants: As jy ge­luk­kig ge­noeg is om ’n hut aan die wes­te­kant van O­li­fants be­spreek te kry, hoef jy om­trent nê­rens heen te ry nie, want dié ak­kom­mo­da­sie het van die bes­te ver­ge­sig­te in die gan­se park. Vir en­ke­le van die bun­ga­lows in Mo­pa­ni langs die dam geld die­self­de.

■ K­lip­kop, S­ku­ku­za: Van die Mat­he­ke­ny­a­ne Gra­no­kop, het jy ’n sir­kel­wye blik op die vlak­tes in die sui­de.

■ Oor­nag­skuil­plek, Mo­pa­ni: S­hi­pan­da­ni bied be­dags ’n uit­kyk­plek van waar jy uit die koel­te kan loer wat in die T­sen­d­ze­ri­vier aan­gaan. Dis ge­rief­lik na­by die groot­pad wat ver­by Mo­pa­ni loop.

■ Re­stau­rant, On­der­Sa­bie: Die re­stau­ran­te in Le­ta­ba en O­li­fants het prag­ti­ge uit­sig­te, so ook die dek in S­ku­ku­za. Maar ek hou van On­der-Sa­bie s’n. Met ons be­soek was die kos en diens goed.

■ Ri­vier­oe­wer, S­hing­we­d­zi: Ry van dié kamp stroom­af na die Di­pe­ni­bui­te­pos. Die paad­jie loop hoog en jy is ver­se­ker van ’n goeie blik op die S­hing­we­d­zi-ri­vier.

■ Keer­wal, On­der­Sa­bie: Reg langs dié kamp is die ge­wil­de Suns­et­sui­ping. Jy kan tot op die nip­per­tjie voor­dat die hek­ke toe­maak hier bly sit, lank na­dat die son al gaan slaap het, want dit is let­ter­lik ’n klip­gooi van On­der-Sa­bie.

■ Dam­me, Ts­hokwa­ne: My guns­te­lin­ge waar jy veel kan sien én mag uit­klim, is Or­pen en Mlon­do­zi, al­bei tus­sen Ts­hokwa­ne en On­der-Sa­bie.

■ Drie lan­de by­een: By Crook’s Cor­ner het skur­ke deur die ja­re oor die g­rens ge­glip om die o­wer­he­de van Zim­bab­we, Suid-A­fri­ka en Mo­sam­biek vry te s­pring. Dié drie lan­de kom hier by­me­kaar. Hier kan jy ook die loop van die mag­ti­ge Lim­po­po ga­de slaan waar dit kri­oel van kro­ko­dil­le.

■ Berg, Ts­hokwa­ne: N­kum­be is ’n berguit­kyk­punt waar die pad ’n pas vorm in die voet­heu­wels van die Le­bom­bo­ber­ge. He­laas hou meer­de­re be­soe­ker se bla­se dit skyn­baar nie tus­sen Ts­hokwa­ne en On­der-Sa­bie nie en dit stink dik­wels. Tog bly dit die moei­te werd om te stop en ver te kyk. Daar is stil­hou­plek aan al­bei kan­te van die H10-teer­pad.

Fo­to: JENS FRIIS

Die re­stau­rant in On­der­Sa­bie bied ’n wye blik op die ge­lyk­na­mi­ge ri­vier.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.