Leer ken ‘Waar be­gin ek soek?’

Beeld - - Leefstyl -

Op Via (DStv-ka­naal 147) se nu­we pro­gram, Waar be­gin ek soek? (Woens­dae om 21:00), help die op­spoor­der Le­o­nie Eras­mus aan­neem­kin­ders om met hul bi­o­lo­gie­se ou­ers te her­e­nig. Ons het met haar ge­sels.

In jou eie woor­de, waar­oor gaan Waar be­gin ek soek?

Dit gaan oor bi­o­lo­gie­se ou­ers en aan­ge­no­me kin­ders wat na me­kaar soek, soos ’n bi­o­lo­gie­se ma wat ’n ba­ba op­ge­gee het of ’n kind wat aan­ge­neem is wat na ’n ou­er soek. Ek is ja­re ge­le­de deur die pro­gram se ver­vaar­di­ger, Eu­ge­ne Bo­tha, ge­na­der en ons het op twee pro­gram­me saam­ge­werk. Hy het my on­langs weer ge­kon­tak en ge­sê hy wil ’n pro­gram doen waar ek ver­tel van die men­se wat ek al her­e­nig het. Ek ver­tel in el­ke e­pi­so­de my kant van die sto­rie.

Hoe sou jy jou werk be­skryf en hoe het jou loop­baan in dié rig­ting be­gin?

Daar is nie een woord om my werk te be­skryf nie, maar die bes­te ti­tels vir my werk waar­aan ek kan dink, is “ge­boor­te­fa­mi­lie­op­spoor­der”. Ek het vir ja­re by ’n groot maat­skap­py ge­werk, waar ek in­ten­se op­lei­ding ge­kry het daar­in om men­se op te spoor en met ver­trou­li­ke in­lig­ting te werk. Na­dat ek daar be­dank het, het heel­wat men­se wat aan­ge­neem is my ge­kon­tak en ek het hul­le ge­help om hul bloed­fa­mi­lies op te spoor. En so het dit uit­ge­brei: Meer men­se het van my be­wus ge­raak en ek kry dees­dae self op­roe­pe uit Na­mi­bië en I­ta­lië.

Hoe het jy die ver­fil­mings­pro­ses er­vaar?

Dit was heel rus­tig. Ek is nie een vir die li­me­lig­ht nie – dis iets om aan ge­woond te raak – maar ek was baie ge­mak­lik met die span.

Wat­ter een van jou s­to­ries sal jou al­tyd by­bly?

Die sto­rie van ’n ma wat haar seun ge­soek het. Hy sou daar­die jaar 32 wees, maar toe vind ons uit hy het op 19 ver­on­ge­luk en is dood in die­self­de hos­pi­taal waar hy ge­bo­re is. Ek het die vrou met haar seun se aan­neem­ou­ers in aan­ra­king ge­bring so­dat hul­le vir haar die he­le sto­rie kon ver­tel en toe raak dié vrou en haar seun se aan­neem­ma goeie vrien­de.

Wat kan ky­kers ver­wag?

Daar is baie e­mo­sie. Daar is baie s­to­ries waar jy baie sal lag en ook s­to­ries waar jy baie sal huil. As jy won­der oor waar jou bi­o­lo­gie­se fa­mi­lie is, be­gin so gou moont­lik soek, an­ders kan dit te laat wees.

■ Nu­we e­pi­so­des van Waar be­gin ek soek? wys el­ke Woens­dag om 21:00 op Via (DStv-ka­naal 147) met her­uit­sen­dings op Son­dae om 22:00.

Le­o­nie Eras­mus her­e­nig fa­mi­lies in Waar be­gin ek soek? Wat is jou bood­skap aan men­se wat op soek is na hul bi­o­lo­gie­se fa­mi­lies?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.