CRA­DOCK­PE­KAN­NEUT­TERT

Beeld - - Leefstyl -

Jy be­no­dig (maak 2 ter­te):

1 rol skil­fer­kors, ont­dooi

2 k gou­e­stroop

1 k ka­ra­mel­sui­ker

¼ k sag­te bot­ter

2 e whis­ky

3 ek­stra­groot ei­ers, ge­klits

1 t va­niel­je­geur­sel

½ t sout

2 k pe­kan­neu­te, grof ge­breek room, ge­klits saam met ’n bie­tjie va­niel­je­geur­sel, om voor te sit

Só maak ’n mens:

1. Rol die deeg uit en smeer twee tert­bor­de. Plaas die tert­bord on­der­ste­bo op die deeg en sny ’n sir­kel uit on­ge­veer 3 cm gro­ter as die bord self. Plaas ’n deeg­sir­kel in el­ke tert­bord en prik die on­der­kant met ’n vurk. Druk vas en kar­tel die kan­te met jou vin­gers. Plaas so­wat 15 mi­nu­te in die ys­kas.

2. Plaas die gou­e­stroop, sui­ker, bot­ter en whis­ky saam in ’n ka­strol en laat prut. Hou dit dop so­dat dit nie oor­kook nie. So­dra die meng­sel bor­rel, hou aan roer vir so­wat ’n mi­nuut.

3. Ver­wy­der van die hit­te en laat af­koel na ka­mer­tem­pe­ra­tuur.

4. So­dra dit af­ge­koel het, voeg die ge­klits­te ei­ers, va­niel­je, sout en neu­te by. Roer om deeg­lik te meng en giet in die voor­be­rei­de tert­bor­de.

5. Bak in ’n voor­ver­hit­te oond by 180 °C vir 40­45 mi­nu­te. Plaas op ’n draad­rak om af te koel en sit voor by ka­mer­tem­pe­ra­tuur met ’n lek­ker skep­pie room.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.