OP TO­NY JACKMAN SE SONDAGTAFEL

Beeld - - Leefstyl -

To­ny Jackman, die hoof­subre­dak­teur van die aan­lyn pu­bli­ka­sie Dai­ly Ma­ve­rick, is ’n joer­na­lis, ru­briek- skry­wer en soms re­stau­ra­teur wat in sy nu­we boek, Food­stuff: Re­flecti­ons and Re­ci­pes from a Ce­le­bra­ted Foodie, sy uit­kyk op die le­we en kos deel.

Dié boek neem die vorm aan van ’n me­moir waar­mee Jackman die le­ser by sy wê­reld – van sy ne­de­ri­ge kin­der­ja­re in ’n En­gel­se wer­kers­klas­ge­sin tot ’n glans­ry­ke loop­baan as ’n ek­sen­trie­ke Suid-A­fri­kaan­se foodie en skry­wer – in­nooi.

Food­stuff is vol heer­li­ke re­sep­te soos bees­fi­let met ge­smel­te Fran­se brie, hoen­der-en-klap­per­ker­rie en spek-en-bier­braai­brood. Jackman het uit die boek sy i­de­a­le win­ter­troos­kos-Son­dag­maal saam­ge­stel: “My hoof­ge­reg sal pri­ma bief­rib­be­tjie met sa­lie­bot­ter wees. Die sa­lie is die per­fek­te pas­maat vir die vleis. Dié vleis­snit was my guns­te­ling toe ons in B­rit­tan­je ge­woon het.

“Vra jou slag­ter vir ’n lek­ker dik stuk om­dat jy dit gaan roos­ter. Jy moet ’n dik sny per per­soon kan af­sny.

“As by­kos is has­sel­back-aar­tap­pels die i­de­a­le keu­se. As ge­wo­ne ge­braai­de aar­tap­pels ’n Toyo­ta Corol­la is, is dié aar­tap­pels ’n 2017-Au­di A3 Ca­bri­o­let.

“As na­ge­reg is cra­dock-pe­kan­neut­tert lek­ker. Jou gas­te sal net ’n k­lein s­tuk­kie vra, maar daar­na nóg twee por­sies vra.”

Food­stuff word deur Hu­man & Rous­seau uit­ge­gee en is be­skik­baar teen R320.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.