Reis soos ’n ko­ning op die Ro­vos Rail

Om op die Ro­vos Rail te reis is om te­rug te gaan in tyd – son­der ’n sel­foon en met jou pê­rels om jou nek, want hier trek ’n mens nog aan vir ete. Maak die t­rein vir twee nag­te jou tuis­te, en maak se­ker dat jy el­ke hoek van el­ke trein­wa ver­ken.

Beeld - - Leefstyl - MART­MA­RIÉ DU TOIT @mart­du­toit

My ma het al­tyd ver­tel hoe hul­le met die t­rein van P­re­to­ria na Jo­han­nes­burg ge­reis het om by S­tut­ta­fords te gaan in­ko­pies doen. Ons het ook s­to­ries ge­hoor van see­va­kan­sies wat met die t­rein aan­ge­pak is, maar kon as kin­ders self nooit daar­die lek­ker­te er­vaar nie.

Daar­om is dié trein­reis deeg­lik na­ge­vors, met ho­pe gees­drif aan­ge­pak en nou op my em­mer­skop­lys vir e­ni­ge a­von­tu­rier.

Met aan­koms by Ro­vos Rail se p­ri­va­te sta­sie in Ca­pi­tal Park be­sef ’n mens hier­die is nie som­mer net e­ni­ge uit­tog na Kaap­stad nie. Jou tas­se word flink uit jou han­de ge­neem en ge­ruil vir ’n ys­koue gla­sie von­kel­wyn wat jy op die per­ron kan ge­niet.

Ná ons be­soek aan Ro­vos Rail se spoor­weg­mu­seum word al­le gas­te ver­wel­kom deur die stig­ter en ei­e­naar van Ro­vos Rail, Ro­han Vos. Hy ver­tel die ge­skie­de­nis van Ro­vos Rail kortliks en ver­dui­de­lik ook dat hul­le die am­bi­an­ce van ver­vloë dae wil be­hou – daar­om word jou sel­foon en skoot­re­ke­naar nie in die o­pen­ba­re wa­ens toe­ge­laat nie.

Hy ver­wel­kom ook gas­te wat al 23 keer van te­vo­re op die Ro­vos Rail ge­reis het en sê: “We must be doing so­mething rig­ht!”

Die wag is ver­by en ons word soos ko­nink­li­kes aan­ge­kon­dig. Ons baan ons weg na die P­ri­de of A­fri­ca saam met twee da­mes wat sta­tig ge­pê­rel-en-ge­di­a­mant is, en vol­gens ons skat­ting 60 jaar ou­er is as ons.

Die een se dog­ter help hul­le om in die t­rein te klim, en net voor­dat ons ver­trek, met die laas­te fluit van die lo­ko­mo­tief, roep sy, “Don’t be­ha­ve!”, wat met lui­de gig­gels uit hul kom­par­te­ment be­groet word.

Bly heer­lik op die t­rein

Die sta­di­ge klik-klak van die t­rein op die spo­re be­gin en ons kry uit­ein­de­lik kans om ons kom­par­te­ment te ver­ken. Ro­vos Rail het drie soor­te kom­par­te­men­te, die Pul­l­man-, De­luxe- en Roy­al Sui­tes. Ons sui­te, die De­luxe, het ’n dub­bel­bed, hang­kas, skryf­ta­fel­tjie en twee stoe­le.

Daar is ook ’n ruim ge­noeg bad­ka­mer met ’n s­tort. Ons was nog­al nuus­kie­rig oor pak­plek – maar daar­voor is ook voor­sie­ning ge­maak met ’n hang­kas en

laaie, so­wel as ge­noeg ruim­te on­der die bed, en bo die deur om tas­se te bê­re.

Met ’n flink klop aan ons deur kom stel ons waar­din haar­self voor. Sy hou deur­gaans haar naam­kaart­jie toe met haar een hand en lag toe ons haar daar­oor

vra. “Ek het my­ne by die huis ver­geet en toe ie­mand an­ders s’n ge­leen. So my naam is nie T­han­di nie, eint­lik Pa­tri­cia, maar vir hier­die reis is ek T­han­di.”

Sy word toe vir die vol­gen­de 48 uur ons T­han­di-Pa­tri­cia.

El­ke trein­wa het ’n waar­din wat slegs na die gas­te op daar­die wa om­sien, en T­han­di-Pa­tri­cia het ons wild­ste ver­wag­tin­ge oor­tref. Sy wys vir ons die vol­le­dig toe­ge­rus­te toi­let­wa­re­sak­kie (wat e­ni­ge vyf­ster­ho­tel s’n sal troef), en ook die train gog­gles wat jy kan op­sit wan­neer jy by die ven­ster uit­kyk so­dat gog­gas nie in jou oë in­vlieg nie. Daar is ka­mer- en was­goed­diens­te, ’n lap­sak waar­in jy jou skoe­ne kan plaas vir po­le­ring en ’n no­ta wat jou waar­din se ka­mer se te­le­foon­nom­mer gee en die woor­de “hul­le hou daar­van om 04:00 wak­ker ge­maak te word”.

Mart Ma­rais, trein­be­stuur­der, be­aam dié diens­ver­skaf­fing: “Ons sê nie nee nie. Ro­vos Rail is ’n luuk­se t­rein en ons wil vir ons gas­te net die bes­te gee, daar­om is jy wel­kom om e­nig­iets te vra en ons sal uit ons pad uit gaan om dit te laat ge­beur.”

Uit­stap­pies en smul­tye

Die twee uit­stap­pies bied jou ’n blik op die Groot Gat in Kim­ber­ley (die eer­ste stop waar jy mag af­klim). Net voor Kim­ber­ley ry die t­rein ver­by Kam­fers­dam, waar daar on­ge­veer 20 000 fla­min­ke met me­kaar huis­hou. In ’n goeie jaar kan die ge­tal tot so­veel as 50 000 strek. Die gas­te leun by die ven­sters uit en neem fo­to’s van die pienk wa­ter­vo­ëls.

’n Mens kry ook die kans om ’n 5 km-stap­pie na Mat­jies­fon­tein te neem op dag twee – wat no­dig is ná al­les wat die t­rein se sjef jou voer. Jy kan dan ook die dorp ver­ken voor jy moet te­rug wees vir mid­dag­e­te op die t­rein.

’n An­der lek­ker­te is wan­neer jy deur die ton­nels ry – een is 4 km lank en die t­rein ry re­de­lik sta­dig. Die pik­don­ker­te en die ef­fe ge­fluit van die t­rein in die ton­nel is ’n be­le­we­nis.

Die t­rein is ’n luuk­se speel­plek vir dié wat dit kan be­kos­tig. Met e­tens­tyd won­der ’n mens of jy die wyn wat hul­le saam met die kos voor­sit, kan reg­ver­dig, en dan be­sef jy dat jy nie van­aand ’n re­ke­ning kry nie – al­les is mos in­ge­sluit. Jy wink dan die kel­ner na­der vir nog ’n gla­sie. Die e­tes op die t­rein word keu­rig voor­be­rei en be­dien, en sal me­ni­ge gour­met-re­stau­rant se e­tes troef.

Ont­byt bied nie net ’n kon­ti­nen­ta­le keu­se nie, maar ook heer­li­ke En­gel­se op­sies. Mid­da­gen aand­e­tes is veel­gang­maal­tye, met el­ke gang wat saam met ’n spe­si­fie­ke wyn voor­ge­sit word. Jy hoef eg­ter nie daar­by te be­rus nie, en kan e­ni­ge wyn uit

die in­te­res­san­te wyn­lys be­stel – met op­sies van on­der meer Boschen­dal, Lou­rens­ford, T­he­le­ma en Meer­lust, sal jy be­slis iets kry wat in jou smaak val.

Meer as wat jy ver­wag

Ro­vos Rail se vas­te be­sluit om méér te gee as wat jy ver­wag, het dui­de­lik na vo­re ge­tree op ons laas­te dag op die t­rein. Die t­rein is iet­wat ver­traag, ons moes dus lan­ger bly – wat ge­sorg het dat al­le gas­te ’n ek­stra aand­e­te moes kry. Ons het nog­al ge­won­der wat voor­ge­sit gaan word, aan­ge­sien ons nie eint­lik meer daar moes wees nie. Die keu­ses? Fi­let met ge­roos­ter­de groen­te en aar­tap­pels, of ge­braai­de salm met groen­te en ’n heer­li­ke sous – ’n vier­gang­maal­tyd wat elk­een in die eet­wa ver­stom het.

Ons ge­sels met die twee ou sie­le wat saam met ons t­rein ge­ry het. Ma­ry S­he­perd van Kaap­stad en haar vrien­din van 69 jaar, Ve­ro­ni­ca Wil­li­ams, van Jo­han­nes­burg. Dié twee het vir Ve­ro­ni­ca se troue En­ge­land toe ge­vaar op ’n skip en reis ge­reeld saam. Hul­le vier hul 90ste ver­jaar­dae op die t­rein en ons wens hul­le ge­luk.

“O nee, ons is eint­lik nou maar eers 88, maar ons was bang iets ge­beur voor 90 aan­breek, toe kom ons maar van­jaar.”

Ro­vos Rail se men­se ver­vul jou be­hoef­te nog voor­dat jy dit ge­had het. Soos wan­neer jy in een van die keu­rig ge­meu­bi­leer­de sit­ka­mer­wa­ens met jou boek gaan sit, en ’n koek­staan­der vol lek­ker­nye langs jou neer­ge­sit word, of wan­neer hul­le vir jou ’n kom­bers en warm sjo­ko­la­de­dran­kie aan­bied wan­neer jy vroeg­og­gend op die ob­ser­va­sie­sit­ka­mer se hout­sit­plek die sons­op­koms waar­deer. Dis luuks en lek­ker op sy bes­te.

Du Toit het Ro­vos Rail op uit­no­di­ging be­soek.

Fo­to’s (ten­sy an­der­sins ver­meld): MART­MA­RIÉ DU TOIT

Die Ro­vos Rail se t­rein na Kaap­stad.

Die eet­wa is soos iets uit ’n ou fliek – met hout­pa­ne­le, ge­styf­de ser­vet­te en swaar sil­we­reet­ge­rei.

Die eer­ste stop is op Kim­ber­ley se sta­sie, waar jy die ge­leent­heid kry om Kim­ber­ley se Gat te gaan be­soek.

Op Kim­ber­ley se sta­sie is daar ’n k­lein mu­seum wat ver­ras met sy ge­skie­de­nis.

Op die Ro­vos Rail word el­ke ge­reg keu­rig voor­be­rei en be­dien.

Die fla­min­ke by Kam­fers­dam, net bui­te Kim­ber­ley, is ’n lus vir die oog.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.