Be­skeie be­gin

Beeld - - Leefstyl -

Ro­han Vos was nog al­tyd lief vir e­nig­iets me­ga­nies. Hy het in 1985 ’n paar trein­wa­ens op ’n vei­ling in Wit­bank ge­koop en aan sy droom, om saam met sy fa­mi­lie trein­va­kan­sies te hou, be­gin bou.

Hy het ook vin­nig be­sef dat hy meer self­stan­dig sal wil wees, en nie op die Suid­A­fri­kaan­se Spoor­weë wou staat­maak nie, en het daar­om ’n lo­ko­mo­tief ge­koop, her­bou en haar Bi­an­ca ge­noem, na een van sy dog­ters. Ná ve­le ge­sprek­ke met die Suid A­fri­kaan­se Spoor­weë, is Ro­han die ge­leent­heid ge­gun om in De­sem­ber 1986 sy t­rein op die spoor te laat, met ’n trein­wa in­ge­rig vir sy fa­mi­lie. Maar met die hoë kos­te wat die Spoor­weë ge­hef het, sou sy “ge­sinska­ra­vaan” net te duur ge­wees het om op sy eie te on­der­hou. Na­dat hy sy mis­noeë uit­ge­spreek het oor die Spoor­weë se ta­rie­we, het hul­le hom toe­ge­laat om kaar­tjies te ver­koop.

En die res, soos hul­le sê, is ge­skie­de­nis. ’n Stok­perd­jie wat ont­wik­kel het in ’n luuk­se, vin­ta­ge­trei­ner­va­ring.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.