Net so tus­sen die Ro­wers­pas en Pel­grims­rus tref ’n mens die be­ken­de va­kan­siel­a­fe­nis Cry­stal S­prings aan en dis daar op die 2 400 ha he­mel­se La­e­veld waar ons ge­sin on­langs ’n on­ver­geet­li­ke va­kan­sie ge­had het.

Beeld - - Leefstyl - Bly in styl

Snaaks hoe ’n mens se va­kan­sie­be­lan­ge en be­hoef­tes ver­an­der die dag as daar k­lein men­sies in jou le­we is, want dees­dae is die eer­ste vraag wat ons vra as ons va­kan­sie­ver­blyf be­gin soek: “Wat is daar vir die kin­ders om te doen?” (Ons al­mal weet dat daar min din­ge is wat die va­kan­sie­gees so kan demp soos wan­neer jy jou net be­gin reg­maak vir ’n mid­dag­sla­pie of daar­die laas­te hoof­stuk in die span­nings­ver­haal wat jy lees, of die kin­ders be­gin neul dat hul­le ver­veeld is. Wees my, son­daar, tog net ge­na­dig!)

By Cry­stal S­prings is daar reg­tig meer ak­ti­wi­tei­te as wat daar tyd is om al­les te doen – en boon­op is die mees­te daar­van gra­tis en ver­niet.

Van die uit­da­gen­de mi­ni­gholf­baan, die ver­hit­te en koel swem­bad­dens, die ten­nis­ba­ne, tram­po­liens en klim­ra­me tot by die bin­nens­hui­se ta­fel­ten­nis, snoe­ker­ta­fel en die o­pe­lug­skaak­bord. Dan is daar boon­op ook nog al­ler­han­de spe­le­tjies in die spe­le­tjies­ka­mer soos 30 Se­conds en Mo­no­po­ly om ’n mens be­sig te hou.

Moe­nie skrik as jy som­mer op pad swem­bad toe be­groet word deur ’n trop­pie se­bras of koe­does nie, hul­le is ou be­ken­des van hier­die om­ge­wing en hul­le skrik nie som­mer vir koue pam­poen (of men­se) nie.

Ie­mand by die ont­vangs het selfs ver­tel dat ’n lui­perd op hier­die per­seel ge­waar is, maar ek het ge­kies om dit eer­der nie te glo nie, ver­al om­dat ek ook ge­kies het om my kin­ders al­leen swem­bad toe te s­tuur.

Daar word daag­liks wil­drit­te aan­ge­bied en vir R75 vir kin­ders en R150 vir vol­was­se­nes, kan jy ’n wil­drit on­der­neem saam met ’n wild­be­waar­der wat al­ler­han­de in­te­res­sant­he­de oor die na­tuur kwyt­raak.

Vir stap­pers is daar won­der­li­ke stap­roe­tes van ver­skil­len­de af­stan­de en moei­lik­heids­gra­de en daar is ook heer­li­ke berg­fiets­roe­tes vir dié wat die om­ge­wing eer­der op hul ys­ter­perd­jies wil ver­ken. Daar is ver­skil­len­de ver­blyfop­sies by Cry­stal S­prings be­skik­baar en ons het in een van die ruim self­sor­ghui­sies ge­bly wat luuks toe­ge­rus is. Ons bui­te­stoep het die mooi­ste uit­sig oor die rots­ag­ti­ge val­lei ge­had en be­ne­wens die a­pies wat el­ke dag kom kui­er het, was daar ook ’n baie groot ver­skei­den­heid vo­ëls.

Bin­ne die hui­sie was ’n heer­li­ke kag­gel en om­dat die win­ter­koue maar ge­niep­sig ge­byt het, het ons el­ke dag die kag­gel aan­ge­steek met die hout wat by ons hui­sie af­ge­le­wer is en saans heer­lik daar ge­sit en kui­er.

Nog ’n bo­nus is dat die een­he­de daag­liks ge­diens word. Vir my is daar min din­ge wat ’n self­sorg­va­kan­sie so kan mis­maak soos ’n wa­vrag skot­tel­goed ná el­ke ete.

En so van e­tes ge­praat: By Cry­stal S­prings is dit ja­re lank al ’n in­stel­ling dat ma’s ’n rus­kans moet kry op Dins­dag­aan­de en dan kan jy vir spot­goed­koop (R75 per per­soon) by die Le Fe­ra-re­stau­rant gaan aan­klop vir ’n drie­gang­maal­tyd of ’n piz­za wat in ’n reg­te piz­za­oond, met ko­le, ge­maak is.

Daar is ’n k­lein win­kel­tjie op die per­seel waar jy nood­saak­lik­he­de soos brood, ek­stra hout, melk, lek­kers, tyd­skrif­te en koel­drank kan koop en ’n ou­li­ke kroe­gie waar jy kan gaan aan­klop vir ’n kou­e­tjie.

By die spa (waar kin­ders nie toe­ge­laat word nie), is daar sau­nas, ja­cuz­zi’s, ’n ver­hit­te swem­bad en ’n stoom­ka­mer, as­ook ’n toe­ge­rus­te gim­na­si­um (maar wie wil nou tyd op ’n trap­meul deur­bring as jy in hier­die om­ge­wing kan gaan stap of hard­loop?) Baie at­le­te kom juis hier­heen om­dat Cry­stal S­prings

1 778 m bo see­vlak is en dit sorg vir won­der­li­ke hoë-lug­druk-oe­fe­ning.

Dis juis van­weë die lig­ging dat ons sog­gens be­groet is met ’n dig­te mis­wolk wat soos ’n snoe­si­ge kom­bers oor die berg­pie­ke ge­lê het.

Die na­tuur­skoon by Cry­stal S­prings is la­fe­nis vir die siel. Fo­to’s: TERÉ­SA COET­ZEE

Pel­grims­rus is net ’n klip­gooi ver.

’n Prag­ti­ge trou­pant soos dié is van die mooi vo­ëls wat in en om Cry­stal S­prings ge­sien kan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.