Wen kaar­tjies na Good Food and Wi­ne Show

Beeld - - Leefstyl -

Vol­gen­de na­week is dit weer tyd vir die Good Food and Wi­ne Show (GFWS) by die Tic­ket­pro Do­me in Jo­han­nes­burg. Foodies moet dit be­slis nie mis­loop nie, want dit is ’n kans om meer te leer oor al­les wat tans wit­warm is in die kos­be­dryf.

Groot na­me, soos Mar­co Pier­re Whi­te (wat dank­sy Mas­terC­hef Aus­tra­lia nu­we be­kend­heid ver­werf het) en SuidA­fri­ka se eie be­kroon­de sjef Jan Hen­drik van der West­hui­zen, gaan ook hier in ak­sie wees.

Van der West­hui­zen, wie se re­stau­rant, JAN, in Ni­ce, Frank­ryk ver­le­de jaar be­kroon is met ’n Mi­che­lin-ster, ver­tel ’n bie­tjie meer oor sy be­soek aan die GFWS:

Waar­na sien jy die mees­te uit op die GFWS in Jo­han­nes­burg?

Eer­stens om ’n braai te ge­niet saam met my ou­ers in M­pu­ma­lan­ga en dan om re­sep­te wat ons by JAN be­dien te deel met Jo­han­nes­bur­gers. Ek sien uit om weer op ho­me ground te kook!

Wat kan be­soe­kers aan die GFWS van jou ver­wag?

Ons gaan baie wyn drink en ’n par­ty hou met kos en wyn as die te­ma. Kom val ge­rus in!

Wat is die vraag wat jy die mees­te ge­vra word oor jou le­we in Ni­ce wan­neer jy Suid­A­fri­ka be­soek?

Gaan jy el­ke og­gend met jou mand­jie mark toe . . .

Wat is drie van jou guns­te­ling­be­stand­de­le om mee te werk?

Dit ver­an­der die heel­tyd. Op die oom­blik is ek mal vir boe­goe, gem­mer en a­nys.

Die GFWS is van 28 tot 30 Ju­lie by die Do­me. Kaar­tjies vir vol­was­se­nes is R160 by die deu­re (gra­tis toe­gang vir kin­ders jon­ger as 12).

Vier ge­luk­ki­ge le­sers kan elk ’n dub­bel­kaart­jie wen. Om in aan­mer­king te kom, SMS jou naam en kon­tak­be­son­der­he­de na 35986 voor Maan­dag 10:00.

’n SMS kos R1,50. Be­gin jou SMS met GFWS.

Jan Hen­drik van der West­hui­zen is vol­gen­de week by die Good Food and Wi­ne Show in Jo­han­nes­burg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.