’n Ka­non­poot én ’n slim­kop

Beeld - - Sport - Ma­ri­zan­ne Kok

S­te­to­sko­pe of ses­se? ’n Wit jas of die Groen-engoud? Kran­kes of krie­ket? As Lau­ra Wol­vaardt aan die be­gin van die maand ge­stoei het met die i­dee dat sy dalk een van die dae gaan moet kies tus­sen krie­ket of me­dies stu­deer, het haar vier we­ke by die Wê­reld­be­ker-toer­nooi haar geen guns­te ge­doen nie.

Die skaars 18-ja­ri­ge Wol­vaardt het haar­self by dié toer­nooi met mag en me­ning aan­ge­kon­dig, toe sy in se­we kolf­beur­te al­te­saam 324 lo­pies teen ’n ge­mid­deld van 64.8 aan­ge­te­ken het.

Vier keer het sy haar kolf ge­lig om ’n vyf­tig­tal te vier, en by nog ’n ge­leent­heid van die veld ge­stap met ’n on­oor­won­ne 48 lo­pies ag­ter haar naam. Die Wê­reld­be­ker-toer­nooi was vir die Pro­te­as-span as ge­heel ’n wa­ter­skei­ding-af­fê­re – maar vir Wol­vaardt selfs meer.

En nou staan sy voor ’n kruis­pad, want daar is twee kan­te aan dié Mil­ner­ton-ma­tri­ku­lant: Ka­non­poot én slim­kop.

“Ek het aan­soek ge­doen om te gaan me­dies stu­deer en wag nog om te­rug te hoor van die u­ni­ver­si­tei­te,” het sy vroeg in die WB-toer­nooi aan C­ri­cin­fo ge­sê. “Krie­ket was al­tyd my stok­perd­jie, net vir die pret. S­kool was al­tyd nom­mer een en ek het hard ge­leer.

“Nou het krie­ket ’n bie­tjie erns­ti­ger ge­raak, so ek het ’n paar moei­li­ke be­slui­te om la­ter van­jaar te maak. Dalk kan ek ’n jaar af vat, of an­der­sins iets mak­li­ker stu­deer en steeds krie­ket speel. Daar is steeds ’n paar op­sies.”

Ten min­ste sal krie­ket nie vir die res van haar ma­triek­jaar in­meng met Wol­vaardt se stu­dies nie. Die Pro­te­as gaan moont­lik aan die ein­de van die jaar te staan kom teen In­dië, maar voor dan is hul u­ni­forms weg­ge­bê­re.

Daar­oor is sy dank­baar, het Park­lands Col­le­ge se hoof­mei­sie aan S­port24 ge­sê.

“Dit werk goed uit vir my. Ek moet nou my re­kord- en ma­triek­ek­sa­men skryf en my ma is baie bly daar is tyd daar­voor tus­sen­deur die krie­ket.

“Die s­kool was ook baie on­der­steu­nend en het my toet­se vir my ge­skuif. Ek het nie veel van my hoof­mei­sie­plig­te na­ge­kom nie, maar ek sien uit daar­na om te­rug te gaan.”

Die Kaap­se tie­ner het as vyf­ja­ri­ge be­gin krie­ket speel, en wat aan­vank­lik net ’n stok­perd­jie was, het vin­nig iets ge­word waar­mee sy baie, baie goed was.

Wol­vaardt was net elf jaar oud toe sy die eer­ste keer o.19krie­ket vir ’n pro­vin­si­a­le span ge­speel het. Op 15 is sy vir ’n se­ni­or pro­vin­si­a­le span ge­kies.

Sy was net 16 toe sy ver­le­de jaar haar een­dag­de­buut vir Suid-A­fri­ka ge­maak het, en het in Mei – net twee we­ke ná haar 18de ver­jaars­dag – die jong­ste Suid-A­fri­ka­ner ooit ge­word wat ’n hon­derd­tal kon aan­te­ken, toe sy in Pot­chef­stroom 149 teen Ier­land ge­mo­ker het.

Toe word sy in­ge­sluit in die WB-groep as aan­vangs­kol­wer en reis saam met ’n paar gróót na­me na En­ge­land vir dié skou­spel.

Suid-A­fri­ka is soon­toe met ’n paar skerp py­le in die ko­ker. Die wê­reld se nr. 1-bou­ler, Ma­ri­zan­ne Kapp. Die wê­reld se vin­nig­ste bou­ler, S­habnim Is­mail. ’n Koel­kop-kap­tein in Dané van Nie­kerk. En sak­ke vol er­va­ring dank­sy die teen­woor­dig­heid van die vo­ri­ge kap­tein, Mig­non du P­reez, die aan­vangs­kol­wer Li­zel­le Lee en T­risha C­het­ty.

Vir Wol­vaardt was hul­le ’n goud­myn van ant­woor­de.

“E­ni­ge vrae wat jy het, e­ni­ge tyd, kan hul­le al­tyd vir jou ant­woord. Hul­le het al o­ral ge­speel, weet al­les en ken die teen­stan­ders,” het Wol­vaardt ge­sê.

Ná 25 een­dag­wed­stry­de spog Wol­vaardt nou met ’n uit­ste­ken­de ge­mid­deld van 48.05, en kan sy self as ’n groot Pro­te­as-wa­pen be­stem­pel word. Sy is nie ’n spe­ler wat Suid-A­fri­ka graag sal wil sien gaan nie.

“Ek het krie­ket nog al­tyd net ge­niet, maar van­dat ek vir die Pro­te­as speel, het dit ’n loop­baan­op­sie ge­word. Ek moet din­ge nou her­oor­weeg – maar dis ’n goeie pro­bleem om te hê,” sê sy.

Fo­to: GETTY IMAGES

Lau­ra Wol­vaardt het die oë laat rek met die kalm­te waar­mee sy die wil­ger­lat by die Wê­reld­be­ker­toer­nooi ge­swaai het.

Fo­to: REU­TERS

Wol­vaardt het boon­op ook as veld­wer­ker goed ge­doen vir Suid­A­fri­ka. Hier word sy ge­luk­ge­wens ná sy die En­gel­se kap­tein, He­at­her K­nig­ht, in die half­eind­ron­de uit­ge­vang het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.