C­had soek weer kroon

Beeld - - Sport - Ti­nus van S­ta­den

C­had le Clos kry vol­gen­de week in Boe­da­pest, Hon­ga­rye, die ge­leent­heid om hom weer as die ko­ning in die 200 m-vlin­der­slag te on­der­skei.

Le Clos en sy groot swem­ven­noot, Ca­me­ron van der Burgh, is Suid-A­fri­ka se groot me­dal­je­hoop op die Wê­reld-swem­by­een­koms in die Hon­gaar­se hoof­stad.

Le Clos het reeds ver­skeie ke­re die vier­de plek wat hy in die 200 m-vlin­der­slag op ver­le­de jaar se O­lim­pie­se S­pe­le in Rio de Ja­nei­ro be­haal het, as een van die laag­te­pun­te van sy loop­baan be­stem­pel.

Hy het ook geen ge­heim daar­van ge­maak nie dat hy dié nom­mer, waar­in hy in 2012 op die O­lim­pie­se S­pe­le in Lon­den goud ge­wen het, in Boe­da­pest wil wen.

Op die Wê­reld­by­een­koms twee jaar ge­le­de in Ka­zan, Rus­land, het hy die eer­ste keer ná sy se­ge in Lon­den in die 200 m-vlin­der­slag ver­loor toe László C­seh van Hon­ga­rye hom in dié nom­mer ge­klop het. Hy sal hom ook hier­op wil wreek.

Suid-A­fri­ka se goue swem­seun het op die Wê­reld-kort­bad­kam­pi­oen­skap­pe ver­le­de jaar in De­sem­ber in Ka­na­da die goue me­dal­je in die 50 m-, 100 m- en 200 m-vlin­der­slag ge­wen.

Le Clos het aan die be­gin van die jaar na Kaap­stad ver­huis en saam met ’n nu­we af­rig­ter, And­rea di Ni­no, be­gin oe­fen. Dit sal in­te­res­sant wees om te sien hoe dié ver­an­de­rin­ge sy swem be­ïn­vloed.

Sy bes­te tyd van­jaar in die 200 m-vlin­der­slag is 1:54.87, wat hy op die Set­te Col­li-by­een­koms in I­ta­lië ge­swem het. Dit is die agt­ste vin­nig­ste tyd in dié nom­mer in die wê­reld van­jaar. Ma­sa­to Sa­kai van Ja­pan het op die Ja­pan­se swem­kam­pi­oen­skap die 200 m-vlin­der­slag in 1:53.71 ge­wen, die vin­nig­ste tyd van 2017.

Le Clos swem Maan­dag in die 200 m-vry­slag, Dins­dag in die 200 m-vlin­der­slag en Vry­dag in die 100 m-vlin­der­slag.

Van der Burgh neem mô­re reeds deel aan die 100 m-bors­slag. Hy swem ook Dins­dag in die 50 m-bors­slag.

Die 26.96 se­kon­des waar­in Van der Burgh die 50 m-bors­slag op die Ma­re Nostrum-by­een­koms in Bar­ce­lo­na af­ge­lê het, is die vier­de vin­nig­ste tyd van­jaar in dié nom­mer in die wê­reld.

Die B­rit A­dam Pe­a­ty gee die pas aan met 26.48.

Ka­te Be­a­von (400 m-vry­slag) en B­rent S­zur­do­ki (400 m-vry­slag) is die an­der Suid-A­fri­ka­ners wat mô­re deel­neem.

Fo­to: GETTY IMAGES

C­had le Clos in Ju­nie van­jaar op die Set­te Col­li­by­een­koms in I­ta­lië in ak­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.