’n Nag­mer­rie vir C­harl S­chwart­zel se kans ver­damp

Beeld - - Sport - Ters – Reu­ters – ReuMa­ri­zan­ne Kok

Die High­lan­ders se All Black­sen­ter Ma­la­kai Fe­ki­toa (25) het gis­ter op die voor­aand van die Su­per­rug­by­kwart­eind­stryd teen die Cru­sa­ders be­ves­tig hy sal sy loop­baan ná die hui­di­ge Su­per­rug­by­sei­soen by die Fran­se klub Tou­lon voort­sit.

Hy ver­le­de jaar in 10 toet­se ge­speel en ’n groot rol ver­tolk in die be­slis­sen­de der­de toets in die on­lang­se reeks teen die Britse en Ier­se Leeus.

“Ek wou jul­le laat weet dat ek lank hier­oor be­sin het voor­dat ek be­sluit het om my aan die ein­de van die jaar by Tou­lon (RCT) aan te sluit,” het Fe­ki­toa gis­ter ge­sê.

“Dit was die taai­ste be­sluit van my le­we om Nieu­See­land te ver­laat, maar na­dat ek al die din­ge wat vir my be­lang­rik is in ag ge­neem het, voel ek hier­die is die reg­te tyd vir my per­soon­lik en vir my loop­baan.”

Nog ’n All Black­sen­ter, Ma’a No­nu, speel reeds vir Tou­lon. Die e­pie­se kwart­eind­stryd tus­sen B­rit­tan­je se Jo­han­na Kon­ta en Si­mo­na Ha­lep van Roe­me­nië het re­kord­ge­tal­le ky­kers vir ’n Wim­ble­don­se vrou­e­wed­stryd op die BBC ge­lok.

So­wat 7,4 mil­joen men­se het in­ge­ska­kel om te kyk hoe Kon­ta haar teen­stan­der met 6­7(2) 7­6(5) 6­4 ver­slaan het om die eer­ste Britse vrou in 40 jaar te word wat die half­eind by die All Eng­land Club kon haal.

Dit is ’n mil­joen meer as die ge­tal ky­kers wat vir die mans se eind­stryd tus­sen Ro­ger Fe­de­rer en Ma­rin Ci­lic voor die kas­sie in­ge­skuif het.

Kon­ta, wat haar half­eind­stryd teen Ve­nus Wil­li­ams ver­loor het, het met 35 die mees­te kis­houe van die vroue in die toer­nooi ge­mo­ker. Die A­me­ri­ka­ner Sam Qu­er­rey se 139 was die mees­te kis­houe in die mans­lo­ting.

Vol­gens die All Eng­land Club is na­ge­noeg 166 055 por­sies aar­beie ge­du­ren­de die toer­nooi ver­koop.

Daar is dae in ’n gholf­spe­ler se loop­baan wat hy sou gou as moont­lik wil ver­geet. C­harl S­chwart­zel het Vry­dag só een ge­had.

’n Dag wat met so­veel be­lof­te vir die 32-ja­ri­ge Suid-A­fri­ka­ner be­gin het, het teen die mid­dag­uur in ’n nag­mer­rie ont­aard, toe S­chwart­zel ne­ge houe oor sy laas­te 14 put­jies laat val het en moes a­sem op­hou oor die af­sny­punt.

S­chwart­zel was ná vier put­jies van sy twee­de ron­de een van vier ge­sa­ment­li­ke voor­lo­pers, en die son het hel­der op hom ge­skyn.

Maar toe moet hy by die vyf­de put­jie twee keer die skeids­reg­ter na­der roep – eers om­dat hy sy bal tot teen­aan die pa­wil­joen ge­slaan het en ver­lig­ting wou hê, en toe om­dat hy in die lang gras ag­ter die set­perk be­land het. Laas­ge­noem­de het hom ’n straf­hou ge­kos, en ná hy twee keer ge­set het, het hy weg­ge­stap met ’n dub­be­le brou­hou.

Dít het ’n in­een­stor­ting in­ge­lei soos S­chwart­zel lank­laas be­leef het. Hy kon een­vou­dig nie uit Birk­da­le se taai gras bly nie en het by die ses­de, tien­de, twaalf­de, vyf­tien­de en ses­tien­de put­jies brou­houe aan­ge­te­ken.

Tus­sen­deur het hy boon­op by die der­tien­de put­jie sy twee­de dub­be­le brou­hou van die dag aan­ge­te­ken. Uit­ein­de­lik het die Suid-A­fri­ka­ner ’n 78 (+8) op sy tel­kaart in­ge­vul, ná hy oor sy laas­te 14 put­jies ne­ge houe af­ge­staan het. Dis sy swak­ste rond­e­tel­ling ooit in die Britse Ope, en be­te­ken die dro­me van ’n eer­ste Cla­ret Jug wat hy ná sy eer­ste­r­on­de-66 ge­koes­ter het, is nou na die maan.

Ge­luk­kig het hy da­rem die af­sny­punt oor­leef. Dié het met ver­loop van die mid­dag­ses­sie al ho­ër ge­word, ter­wyl meer en meer spe­lers ag­ter­uit ge­boer het.

Vier van die Suid-A­fri­ka­ners by Birk­da­le het wel on­der die af­sny­punt be­land.

Dy­lan F­rit­tel­li (75) en Jbé Kru­ger (72) het op 148 (+8) hul tas­se ge­pak, Dar­ren Fi­chardt het vyf brou­houe en drie dub­be­le brou­houe aan­ge­te­ken om met ’n ron­de van 81 sy na­week-speel­reg­te te ver­loor, en Lou­is Oost­hui­zen het drie brou­houe oor sy eer­ste ne­ge put­jies aan­ge­te­ken om sy lot te ver­se­ël.

Die voor­ste Suid-A­fri­ka­ner ná 36 put­jies was die twee­ma­li­ge Ope-kam­pi­oen Er­nie Els, wat steeds die vrug­te pluk van sy uit­ste­ken­de eer­ste ron­de van 68.

Els kon in die twee­de ron­de geen vo­ël­tjies aan­te­ken nie en het 73 houe (+3) ge­speel, maar was steeds ná twee ron­des in die top-25.

Ter­wyl die Roy­al Birk­da­le­gholf­baan gis­ter die een spe­ler ná die vol­gen­de ge­kou en uit­ge­spoeg het, het Jor­dan S­pieth haar ka­ke ont­wyk.

Die 23-ja­ri­ge Yank het hom nie laat af­sit deur die wind, koue of re­ën in die Britse ha­we­dorp Sout­hport nie, en dag­lig tus­sen hom en die res van die

aan­spraak­ma­kers in die Britse Ope be­werk­stel­lig.

Hy het die dag af­ge­sluit met ’n voor­sprong van twee houe oor sy land­ge­noot Matt Ku­char, na­dat hy sy twee­de ron­de in 69 houe (-1) vol­tooi het. Hy was op 6-on­der.

Waar dit vir ’n ruk lank ge­lyk het as­of die tel­ling van 4-on­der waar­mee Ku­char (71) aan die ein­de van die og­gend­ses­sie klub­huis toe is, dank­sy die woe­de van die weer­go­de ge­noeg sou wees vir die eer­ste po­si­sie, het S­pieth laat in sy ron­de on­der sy land­ge­noot uit­ge­seil.

Die B­rit Ian Poul­ter het die tuis­aan­slag op koers ge­hou met ’n ron­de van 70 (ge­lyk aan baan­sy­fer), wat een vo­ël­tjie en een brou­hou in­ge­sluit het.

Poul­ter was twee­de in die Ope toe die toer­nooi in 2008 laas by Roy­al Birk­da­le aan­ge­bied is.

Fo­to: REU­TERS

Jor­dan S­pieth het hom nie Vry­dag by Roy­al Birk­da­le deur die nat weer en wind laat af­sit nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.