Fa­bi­an waai; SA mans­hok­kie­span soek brei­er

Beeld - - Sport - Jo­hann de Ja­ger

Die af­rig­ter van die Suid-A­fri­kaan­se mans­hok­kie­span, Fa­bi­an G­re­go­ry, gaan Hong­kong voort­aan af­rig.

G­re­go­ry het die spe­lers met hul saam­trek vir die Wê­reld­li­ga­half­eind­toer­nooi daar­van ver­wit­tig na­dat dit reeds op so­si­a­le me­dia in Hong­kong aan­ge­kon­dig is.

G­re­go­ry gaan die klub­span Val­ley Hoc­key vir een aand per week by­staan, ter­wyl hy Hong­kong se na­si­o­na­le span vir drie aan­de per week sal af­rig.

Aus­tin S­mith, voor­ma­li­ge kap­tein, het die ge­rug­te oor G­re­go­ry se be­dan­king Vry­dag in ’n te­le­vi­sie­on­der­houd be­ves­tig.

G­re­go­ry sê hy het vroe­ër oop kaar­te ge­speel met die Suid-A­fri­kaan­se Hok­kie­ver­e­ni­ging oor die ge­leent­heid wat op sy pad ge­kom het.

Die nuus volg op die rug van die SA mans se te­leur­stel­len­de Wê­reld­li­ga-half­eind­toer­nooi by Wits.

Die span het on­der meer met 1-9 teen Bel­gië ver­loor en was Vry­dag in die hout­le­pel-stryd teen Ja­pan die eer­ste keer aan die wen­kant. Die SA mans het Ja­pan met 4-2 in die uit­speel­wed­stryd om die ne­gen­de en tien­de plek ge­klop.

G­re­go­ry meen voor daar nie ’n pro­gram ge­volg word soos in an­der toplan­de wat met be­roep­spe­lers speel nie, sal Suid-A­fri­ka nie vo­ren­toe gaan nie.

“As ons ’n soort­ge­ly­ke pro­gram in plek ge­had het, sou ons mak­lik vier­de of vyf­de (in die Wê­reld­li­ga-half­eind­toer­nooi) ge­ëin­dig het.”

G­re­go­ry was se­dert 2005 by die na­si­o­na­le vrou­e­hok­kie­span be­trok­ke en het in 2014 die lei­sels oor­ge­neem by die mans na­dat C­har­lie Pe­rei­ra ná min­der as ’n jaar be­dank het.

Mi­ke du P­les­sis, die pre­si­dent van die SAHV, sê die pro­ses vir die aan­wys van ’n nu­we af­rig­ter sal be­spreek word op hul ko­men­de vergadering waar daar na die ho­ë­pres­ta­sie-struk­tu­re ge­kyk sal word.

Daar sal gou ge­speel moet word. Die toer­nooi om die A­fri­ka­be­ker vind reeds in Ok­to­ber plaas.

Hul­le het on­langs ge­hoor die toer­nooi gaan nie meer in Rand­burg plaas­vind nie, maar in E­gip­te. Vol­gens Du P­les­sis sal hul­le op nog ’n vergadering kyk of dié be­sluit ver­an­der kan word.

Die 18-ja­ri­ge Da­y­aan Cas­siem, ’n leer­ling van Bis­hops in Kaap­stad, het Vry­dag een van die wen­span se doe­le teen Ja­pan aan­ge­te­ken.

Suid-A­fri­ka het rus­tyd met 2-1 voor­ge­loop na­dat S­mith twee keer met straf­hoe­ke af­ge­rond het. Ja­pan se Gen­ki Mi­ta­ni het met 11 mi­nu­te oor ’n ge­lyk­ma­ker be­haal.

Jon­ty Ro­bin­son het Suid-A­fri­ka twee mi­nu­te la­ter met ’n straf­doel weer met 3-2 laat voor­loop, waar­na Cas­siem kort die laas­te doel aan­ge­te­ken het.

Die SA vroue speel Sa­ter­dag om 13:30 teen Ja­pan in die uit­speel­stryd om die vyf­de plek.

Fo­to: GALLO IMAGES

Fa­bi­an G­re­go­ry rig die Pro­te­as nie meer af nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.