Ses­de keer skeeps­reg vir Goue Leeus?

Beeld - - Sport - Ti­nus van S­ta­den Fo­to’s: MA­RI­US NOR­TJÉ

Die Goue Leeus sal van­dag hul e­ti­ket van Cravenweek-strooi­jon­ker wil af­skud. Die Leeus speel die ses­de keer se­dert 2006 in die hoof­wed­stryd van die Cravenweek-toer­nooi wan­neer hul­le by St. S­ti­thi­ans Col­le­ge in Jo­han­nes­burg teen die Haaie op­draf.

En hul­le sal hoop dit is ses­de keer skeeps­reg na­dat hul­le nie een van die vo­ri­ge vyf nie-amp­te­li­ke eind­stry­de waar­in hul­le ge­speel het, kon wen nie.

Die Goue Leeus, wat ’n oor­win­ning oor G­rens en ’n ge­lyk­op­uit­slag teen die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie in die toer­nooi be­haal het, was in 2005 laas as die nie-amp­te­li­ke kam­pi­oen ge­kroon.

Die Haaie sal op hul beurt poog om die eer­ste keer se­dert 1990 die hoof­wed­stryd te wen.

Die K­waZu­lu-Na­tal­lers het die Blou Bul­le en die Suid­wes­te­li­ke Dis­trik­te ge­klop in hul op­mars tot die hoof­wed­stryd.

’n In­te­res­san­te twee­stryd wat op die spys­kaart is, is tus­sen die twee span­ne se agt­ste­man­ne, wat ook al­bei hul on­der­skeie span­ne aan­voer.

Wan­neer die Suid-A­fri­kaan­se S­ko­le­span en die SA Sko­le ‘A’-span vol­gen­de week aan­ge­kon­dig word, be­hoort die Haaie se agt­ste­man, P­hen­du­la­ni But­he­le­zi, en sy e­we­knie van die Leeus, Tra­vis Gor­don, al­bei ’n groen-en-goue trui ry­ker te wees.

Dié twee is ook al­bei sterk kan­di­da­te om die na­si­o­na­le span aan te voer.

Nóg ’n sterk kan­di­daat vir die SA S­ko­le­span se kap­tein­skap, die Vry­staat se bin­ne­sen­ter Ri­kus P­re­to­ri­us, sal ’n sleu­tel­spe­ler wees in sy span se groot wed­stryd teen die WP.

Die Vry­sta­ters spog tot dus­ver met die mees­te pun­te (144) in van­jaar se toer­nooi.

Die WP sou waar­skyn­lik in die hoof­wed­stryd ge­wees het as hy die Leeus kon klop.

Die Lui­perds en G­rie­kwas, ook nog on­oor­won­ne, sal on­der­skei­de­lik krag­te met die Oos­te­li­ke Pro­vin­sie en Lim­po­po Blou Bul­le meet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.