Storm keer High­lan­ders vas in Du­ne­din

Beeld - - Sport - Doel­skop­pe: Straf­doe­le:

S­tor­ma­ti­ge weer in Nieu-See­land het die High­lan­ders se kan­se om vir die half­eind­ron­de van van­jaar se Su­per­rug­by­reeks te kwa­li­fi­seer, nóg moei­li­ker ge­maak.

Die High­lan­ders moet die Cru­sa­ders van­og­gend om 09:35 (SA tyd) in Chris­t­church in ’n Su­per­rug­by-kwart­eind­stryd pak, maar was gis­ter weens die gu­re weer nog in Du­ne­din vas­ge­keer.

Die span sou Vry­dag­mid­dag ’n vlug na Chris­t­church ge­haal het, maar dit is weens die gu­re weer ge­kan­sel­leer. Daar is toe ge­hoop dat die span per bus na Chris­t­church kon reis, maar die hoof­roe­tes was ook ge­sluit na­dat Du­ne­din weens vloe­de as ’n ramp­ge­bied ver­klaar is.

As die High­lan­ders wel be­tyds in Chris­t­church op­daag, sal daar ook swaar re­ën te wag­te wees.

Om dié re­de het die High­lan­ders hul plaas­ver­van­gers­bank met ses voor­spe­lers ge­laai.

Hoe­wel die Cru­sa­ders ver­le­de week hul eer­ste ne­der­laag van die sei­soen ge­ly het en van­jaar on­oor­won­ne tuis is, kan die High­lan­ders nie af­ge­skryf word nie. Dié span het in 2015 die Su­per­rug­by-kroon op die Hur­ri­ca­nes se tuis­veld in Wel­ling­ton ver­o­wer en het boon­op ’n ver­de­re in­spui­ting met die te­rug­keer van sy All Black-heel­ag­ter, Ben S­mith, ge­kry.

Vir ’n ruk­kie in die eer­ste helf­te het dit gis­ter ge­lyk of die Brum­bies dalk vir ’n op­skud­ding kon sorg, maar die Hur­ri­ca­nes was uit­ein­de­lik ge­mak­lik met 35-16 baas in hul Su­per­rug­by-kwart­eind­stryd in Can­ber­ra.

Daar­mee saam het Da­ne Co­les, op sy bes­te die wê­reld se voor­ste ha­ker, vir die Hur­ri­ca­nes ’n suk­ses­vol­le te­rug­keer ge­maak na­dat hy vir vier maan­de met har­sing­skud­ding bui­te ak­sie was.

Die Brum­bies se bes­te oom­blik­ke was in die eer­ste kwart van die wed­stryd en hul­le was in die 16de mi­nuut al met 13-5 voor.

Maar hul­le kon dit nie be­nut nie en het al­gaan­de uit­ge­sak.

Wes Goo­sen (2), Jor­die Bar­rett, TJ Pe­re­na­ra.

Bar­rett (3). Bar­rett

■ Pun­te­ma­kers: Hur­ri­ca­nes 35 (15): Drieë:

(3).

Brum­bies 16 (16): Drieë:

Ja­mes Dar­ga­vil­le, Josh Mann­Rea. Straf­doe­le: W­ha­ren­ui Ha­wera (2).

Bo: P­hen­du­la­ni But­he­le­zi, die Haaie se agt­ste­man en kap­tein.

Links: Tra­vis Gor­don, die Goue Leeus se agt­ste­man en kap­tein.

Fo­to: GETTY IMAGES

Ben S­mith is die High­lan­ders se sleu­tel­spe­ler in die kwart­eind teen die Cru­sa­ders.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.